Bo-Kaap Woonstel
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 58 Upper Leeuwen Street, Bo-Kaap, 8001, Wes-Kaap
- Vanaf R1 000 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Bo-Kaap Woonstel is 'n bekoorlike selfsorgwoonstel in die hartjie van die Bo-Kaap in Kaapstad. Dié geskiedkundige area is bekend vir sy kleurvolle huise en bied maklike toegang tot 'n museum, eetplekke, winkels en publieke vervoer.
Die tweeslaapkamerwoonstel bied slaapplek aan 4 gaste en is ideaal vir 'n vinnige wegbreek of langer verblyftydperke vir sakereisigers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort-oor-bad. Die tweede slaapkamer het ook 'n dubbelbed en gaste maak van 'n aparte badkamer met 'n stort gebruik.
Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond en skottelgoedwasser toegerus. Dit lei na 'n leefarea met 'n gemaklike rusbank, 'n etenstafel met sitplek vir 4 en 'n gasverwarmer. Die woonstel lei na 'n privaat binnehof met 'n piekniektafel waar gaste al fresco-etes kan geniet. Die eiendom het 'n palisadehek vir ekstra sekuriteit. Gaste met voertuie kan versoek om op die perseel te parkeer.
Besoekers kan begeleide staptoere neem om meer oor die plaaslike kultuur te leer, die besienswaardighede, asook die heerlike kos van die Bo-Kaap geniet.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort-oor-bad, Bad, Toilet
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- 58 Upper Leeuwen Street, Bo-Kaap, 8001, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 58 Upper Leeuwen Street, Bo-Kaap, 8001, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang