Selfsorg in Bellville

Home away from home

Resensies

2.6/ 5

Gebaseer op 1 resensie


Netheid
2.0
Ligging
3.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
3.0
Veiligheid
2.0
Tasha M
Kort verblyf Gesin met klein kinders
2.6
Des 2025

Lekker gekuier, maar geweerskote het my effens ontsenu op laaste aand. Nie ons tipe verblyf nie. Netheid en skoonheid effens nagelaat. Trampoline weg en tuin was onnet met honde mis. Gekreukelde en deur gebruikte handdoeke vir badkamers. Vuil matte wat huis laat stink het. Ongelukkig nie ons keuse nie.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0
Mariaan
Home away from home
Goeie dag, Dankie dat u tyd geneem het om u ervaring te deel. Ons is jammer om te hoor dat die verblyf nie aan u verwagtinge voldoen het nie en dat die laaste aand deur geweerskote ontwrig is – dit is beslis nie iets wat ons gaste wil ervaar nie. Ons waardeer u terugvoer oor netheid. Die huis is opreg vintage en amper 90 jaar oud, en dit bring ’n sekere karakter en unieke eienskappe mee wat ’n mate van begrip en waardering vir heritage en oudhede verg. Selfs na deeglike skoonmaak kan die egte houtvloere weer stof vergader, veral met die winderige seisoen wat blare en stof inwaai. Die matte is ’n punt waarop ons altyd poog om dit beter skoon te maak, so ons het die matte na jul verblyf op 29 Desember, diep skoon gemaak, verskoon die ongerief. Die tuinman was wel die Maandag voor jul aankoms daar, maar teen die Vrydag met jul aankoms, met die massiewe plattaanboom op die erf kan blare binne ’n dag weer oor die erf versprei, en ons die honde mis gemis het. Die tuinman het wel weer die Maandag ná jul vertrek gekom en die tuin regtig netjies gemaak. Vir gaste wat permanente tuin- en skoonmaakdienste verkies, mag ’n oord dalk meer geskik wees. Die trampoline is naby aan die vakansie verwyder om veiligheidsredes, en ons moes die foto van die plasing ook verwyder, wat ek moes gedone het, verskoning daaroor, ek het nou so gemaak. Die handdoeke is steeds bruikbaar – ons bied nie ’n 5-ster hotel standaard nie. Let asseblief daarop dat een van ons potte tydens jul verblyf onherroeplik verbrand is, en ons moes dit weggooi. Aangaande veiligheid: die huis het ’n elektriese heining, alarmstelsel, 24-uur sekuriteit met die druk van ’n knoppie, sowel as beskerming deur die Central Improvement District (CID) wat 24 uur beskikbaar is. Veiligheid in Suid-Afrika hang baie af van eie gedrag. U was bewus van die adres, en alhoewel daar ’n regte veiligheidsrisiko in Suid-Afrika is, het ons sedert ons gaste ontvang nog geen insidente gehad nie – selfs nie met permanente huurders wie se voertuie buite op die oprit parkeer nie. Dit bly egter u keuse om eerder in ’n oord te bly wat by u spesifieke veiligheids- of diensbehoeftes voldoen, aangesien ons eiendom nie bedoel is om ’n 5-ster hotel of oord-ervaring te vervang nie. Ons hoop dat, ondanks hierdie uitdagings, u tog van sommige aspekte van die verblyf kon geniet. Dankie weer vir u eerlike terugvoer – dit help ons om ons diens en voorbereiding te verbeter. Vriendelike groete

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

2.6/5

Mariaan Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 3 jaar

Vanaf
R 2 350
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 350
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 350
per nag (plek vir 4)
Bespreek

31 Broadway street, Vredelust, Bellville, 7530, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb57122ad7c96ac7eb9da6e9fbcd80cfd6f55e112f5fe551acecfa98a6c7d8b499c76cebaa5feb5ff0ff5c205f3854f45ff9c?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 350 per nag, vir 4 mense 1 5 1 3 31 Broadway street Vredelust 7530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -33.8969062 18.6126687

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang