Pick your preferred language

English

Afrikaans

+16
Selfsorg in Sederberg

Cederberg Algeria - Grey Rhebok

6 gaste

2 slaapkamers

4 beds

1 badkamer

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Cederberg Algeria Reserve, Cederberg Wilderness Area, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Cederberg Algeria - Grey Rhebok is 1 van 8 selfsorg-kothuise in die Algeria-area van die Sederberg Wildernisgebied. Die Sederberg is as 'n Wildernis verklaar in 1973. Die area is 66,811 hektaar groot en is in die Kaapse Blommestreek, net 3 ure buite Kaapstad. Die Sederberge, wat oranje verkleur is deur die ysteroksied, oorheers die landskap en sandsteen-klipformasies, soos die Maltese Cross en Wolfberg Arch, asook antieke San- en Khoi-rotskuns maak die area werklik merkwaardig.

Die Sederberg is 250 km noord van Kaapstad en strek vanaf die Middelberg-pas in Citrusdal tot by Pakhuis-pas in Clanwilliam. Die wildernis beslaan ongeveer 71 000 hektaar bergagtige terrein, wat dit ideaal maak vir diegene wat hou van stap en rotsklim. Die area is ook 'n Wêrelderfenisgebied en is bedek in bergfynbos, insluitend die louriersuikerbos, die rooi disa, rooibos en die skaars en endemiese sneeuprotea. Die hoër berg-hange het die skaarse Clanwilliam-seders, waarna die area vernoem is. Die area het ook 'n ryk wildlewe. Besoekers mag dalk ystervarke, ratels, groototters en erdvarke gewaar. Die wat gelukkig is kan dalk 'n luiperd raaksien. Daar is ook kleiner roofdiere soos die vaalboskat, rooikat, bakoorjakkals, maanhaarjakkals en Kaapse jakkals. Ander, meer algemene diere sluit bobbejane, dassies, vaalribbokke, klipspringers, duikers en grysbokke in.

Die Grey Rhebok-kothuis is geskik vir 4 volwassenes en 2 kinders onder 12. Daar is 2 slaapkamers, 'n badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n instap-stort, toilet en wasbak.

Die kombuis en leefarea is mooi versier. Die kombuis is met 'n vierplaatstoof, oond, yskas, mikrogolf, broodrooster, ketel, eetgerei, breekware, potte en panne toegerus. Die sitarea het 'n kaggel en 'n slaapbank vir 2 kinders onder 12. Die kothuis lei na 'n groot stoep met 'n piekniektafel, onderdak-braaigeriewe en 'n mooi berg-uitsig. 'n Rooster en driepoot-staner word voorsien.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 15 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.5
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Trade Geverifieer

Eiendomme 9

Resensies 51

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Cederberg Algeria Reserve, Cederberg Wilderness Area, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap
  • Gaste dink Cederberg Algeria - Grey Rhebok het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 365
per nag (plek vir 5)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 365
per nag (plek vir 5)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 365
per nag (plek vir 5)
Bespreek

Cederberg Algeria Reserve, Cederberg Wilderness Area, Clanwilliam, 8135, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAf243ca96e0f6c21539eafe68ef1ce2b5ba263712539cfc73e55c75000896fe832a967515e77b8cec49aaff44d8bbdc63fe3e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 365 per nag, vir 5 mense 15 5 1 5 Cederberg Algeria Reserve Cederberg Wilderness Area 8135 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-16:00 10:00 -32.374156 19.059246
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang