2 gaste
1 slaapkamer
1 bed
1 badkamer
- 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 18 Victor Street, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Chez Victor bied gerieflike selfsorg-akkommodasie in 'n bekoorlike tuinkothuis in 'n rustige doodloopstraat in Houtbaai, net 30 minute van die Kaapse middestad af.
Die kothuis het 1 slaapkamer met 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer met 'n stort, 'n oopplan-sitkamer en 'n kombuis. Die oopplan-sitkamer is toegerus met 'n TV, DStv, DVD/CD-speler. Die oopplan-kombuisie het 'n oondjie, mikrogolfoond, yskas en vrieskas en 'n eetarea vir 2 gaste. Die kothuis het 'n alarmstelsel en gaste geniet toegang tot die privaat buitebraai, parkeerplek van die straat af vir 1 motor en gratis WiFi. Alle linne en handdoeke word voorsien. Gaste is welkom om die swembad en grasdak-afdak met ingeboude braaigeriewe te gebruik en die berg-uitsig van die houtdek af te geniet.
Houtbaai is omring deur die blou-blou see, uitstekende bergreekse en unieke winkeltjies en restaurante. Die kusdorpie se hoof-aantreklikheid is die lang strand wat baie gewild is onder die toeriste en plaaslike inwoners. Daar is gereeld branderplankryers, lyfplankryers en mense op kajaks. Dit is langs een van die besigste hawens in die Wes-Kaap geleë. Bootritte is in Houtbaai beskikbaar en bied uitstappies na Duikereiland, Robeiland en om die Sentinel. Daar is verskeie winkels, restaurante en kunsgalerye in Houtbaai. Besienswaardighede in die area sluit Chapmans Peak, Mariner's Wharf, Bay Harbour-markie, Houtbaai-kunsmarkie, Houtbaai-galery, Houtbaai-wynlande en die Little Lions Head-roete in.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.1/5
Liz Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 3
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 18 Victor Street, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
- Gaste dink Chez Victor het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
18 Victor Street, Hout Bay, Cape Town, 7806, Wes-Kaap
Sien kaart- 2 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang