- Slaapplek vir 52 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Hermiston Farm, Off Valentine Road, Addo, 6105, Oos-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Chrislin Addo Lodge 'n rustige toevlugsoord wat omring is deur Addo sitrusplase. Ons is geleë in die hartjie van die malaria-vrye Addo, 12 km vanaf die Addo Olifantpark, en naby heelwat privaat reservate in die Groter Addo-area.
Die goed toegeruste en suite-kamers, elkeen met 'n eie aparte ingang, is sorgvuldig ingerig om ons gaste tuis te laat voel. Gaste kan kies tussen hutte met koninggrootte-, koningingrootte- of 2 enkelbeddens.
Al ons suites is ontwerp om dit so gerieflik as moontlik te maak vir 2 persone wat deel, en beskik oor die volgende:
Die Garden en Sunset-hut het slaapplek vir 1 kind onder die ouderdom van 12 en beskik oor 'n slaapbank/matras in die ouers se kamer.
Die Orchard-hut het slaapplek vir 2 kinders onder die ouderdom van 17, hoewel spesiale reëlings getref kan word vir 3 kinders onder die ouderdom van 12. Daar is 'n slaapbank in die ouers se kamer.
Die Garden- en Orchard-hutte beskik elk oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, wasbak en toilet, tee- en koffiemaakgeriewe, yskas, plafonwaaier, radiowekker en haardroër.
Die groter Orchard-hutte is beskik ook oor lugversorging, 'n aantrekkamer en 'n sitkamer-area met 'n slaapbank.
Ons verblyf is geskik vir paartjies of gesinne. Die Sunset-hutte se kamers deel 'n stoep wat lieflike uitsigte oor die sonsondergang bied, maar word ook deur 'n skakeldeur geskei sodat gaste meer privaatheid kan hê.
Ons tradisionele Afrika-hutte is langs die swembad geleë. Gaste kan hier ontspan of 'n entjie op die plaas gaan stap.
Die grasdak-sitkamer bied 'n heerlike plek om in die sonnetjie te ontspan of 'n skemerkelkie te geniet. Chrislin B&B se goed versorgde, uitgestrekte tuine is ideaal vir voëlkyk en die sprankelende swembad is maklik bereikbaar van al die gaste-suites af.
Chrislin African Lodge spog met top-gehalte geriewe en -dienste, wat jou verblyf in Addo onvergeetlik sal maak.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Margaret Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 14
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- Hermiston Farm, Off Valentine Road, Addo, 6105, Oos-Kaap
- Gaste dink Chrislin African Lodge het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Hermiston Farm, Off Valentine Road, Addo, 6105, Oos-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 52 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang