Selfsorg in Marlothpark

Debrico's AmaBush Lodge

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 43 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.4
Veiligheid
4.7
Pearl P
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Sep 2025

Siels lekker. Baie netjies en goeie ligging.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Jacobus W
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Jul 2025

Aangenaam. Ons het baie lekker gebly. Die huis beskik oor alles wat nodig is om die verblyf so aangenaam as moontlik te maak. Die diere en nagapies wat elke aand kom kuier, is werklik waardevol. Die huis is so 100 m van die rivier af, wat dit absoluut spesiaal maak. Sal weer daar bespreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jakes B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Apr 2025

Naais. Was awesome lekker plek.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Liezel P
Lang verblyf Saam met vriende
3.6
Jan 2026

Rustig en kalm in die bos. Soos altyd is dit heerlik in Marloth. Die plekkie is goed geleë en naby aan die rivier met die diere wat gereeld kom kuier het. Die beddegoed was skoon en netjies en die kamers lieflik groot en gemaklik met die aircons wat ons gered het. Daar is wel definitief werk (soos gordyne met waterskade merke, stort wat begin lek, deur wat sukkel om te sluit, houtvloer met planke wat gekraak is, deurhandvatsel wat met die eerste oopmaak afgeval het, ens.) aan die huis. Die buitestoep, tafel en braai was baie vuil en ons moes bobbejaanmis (wat al 'n paar dae oud was) skoonmaak. Ek sal aanbeveel dat al is die huis skoongemaak na die vorige mense uit is, om net inspeksie te doen op die dag self om te verseker gaste hoef nie by aankoms te begin skoonmaak voor hulle nog nie eers behoorlik afgepak het nie. Ons het vuil borde met die vorige mense se braaivleis stukkies en ou goed in die yskas gevind. Verder moet hulle net dalk noem dat badhandoeke nie ingesluit word soos gewoonlik nie, anders gaan jy sukkel tot jy by Komatipoort kan uitkom. Vir gaste wat 2 weke gaan, daar is nie 'n wasmasjien, skottelgoedwasser of dametjie wat inkom om uit te help nie. Die heel grootste probleem was teëls op die stoep wat snotglad is as dit nat raak, bv. as jy in die plonspoel in en uit klim of as dit kwaai reën, word die stoep nat en jy gly ontsaglik. Bring maar handdoeke vir dit ook en weet jy gaan konstant die stoep moet afdroog.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Hennie B
Kort verblyf Gesin met tieners
4.0
Sep 2025

Very pleasant. We had a lovely time. Everything we needed. Short walk to the river. The house needs some TLC. The shower console leaks terribly. The kitchen mixer needs replacement. The bed mattresses were uncomfortable. General cleanliness needs improvement. The couches were dirty in between the cushions. The plates and glasses were dirty upon arrival.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
2.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Riaan D
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.6
Mei 2025

Die diere wat by ons kom kuier het, was 'n plus. Die plekkie het potensiaal. Kort bietjie aandag aan maintenance. Die miere het ons weg gedra. Daar is 'n mierplaag! Daar was miere in ons bed, op die banke, in die storte.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Dawid B
Kort verblyf Gesin met tieners
3.8
Mrt 2024

Kuier was baie lekker met al die wild wat kom kuier het. Verblyf was baie lekker, skoon en gemaklik.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met vriende
3.0
Okt 2024

Netheid
2.0
Diens
2.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
2.0

Fanie S
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2023

Baie lekker bosveldwegbreek. Benodig 'n matjie in badkamer 2 en nog afdroogvadoeke.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Madeleine D
Lang verblyf
4.4
Jan 2023

Baie vriendelike ontvangs, heerlik stil met baie diere. Ons het die eerste 2 dae baie gesukkel met 'n kragprobleem en Trish, ons gasvrou, het uit haar pad gegaan om die probleem opgelos te kry - baie dankie. Let net dat daar nie handdoeke in die badkamers is nie.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Debbie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 43

Op LekkeSlaap 12 jaar

Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 8)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 8)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 400
per nag (plek vir 8)
Bespreek

4336 Soenie Street, Marthloth Park, 1340, Mpumalanga

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk4MzZhZGUwLTU1OGUtNDcyNS1hYmY1LWEwYTRmZGFmZGY5YQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 8) 43 5 1 5 4336 Soenie Street Marthloth Park 1340 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.352209368265 31.808059215546

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang