+119

Die Herehuis

Gastehuis
  • Soos Gesien op Facebook
  • Kapasiteit: 62 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 De Villiers street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Herehuis is in die laat 1800's gebou deur Heer Kieser van Engeland en is twee strate vanaf die besige N1, in die stil dorp, Beaufort-Wes geleë. Dié gastehuis is ideaal geleë tussen Johannesburg en Kaapstad of George en het 'n romantiese en unieke styl in die hartjie van die Groot-Karoo.

Verblyf beskik oor 17 luukse eenhede, waarvan 6 opgeknapte en uniek versierde perdestalle is. Elke eenheid het katoenlinne, anti-allergeniese duvets en kussings, 'n yskassie, komplimentêre tee- en koffiemaakgeriewe, DStv, WiFi, insekweerder, haardroër, seep, sneesdoekies, lugversorging en warm komberse.

Langsaan die swembad is daar 'n tuin waar kinders kan rond baljaar en 'n groot onderdakbraai-area met 'n kombuisie. Karoo-lambraaipakke is beskikbaar, mits vooraf reëlings getref is. Daar is 'n heerlike sondak-eetkamer wat Maandae tot Saterdae oop is vir ontbyt en aandete, en is bekend vir smaaklike Karoodisse en ontbyt. Bespreek asb. voor aankoms.

Die Herehuis bied veilige parkeerplek op die perseel agter geslote hekke en daar is geslotekringtelevisie. Daar word Engels en Afrikaans by die gastehuis gepraat. Rook word in die tuin en op privaat stoepe toegelaat.

Die gastehuis is net 6 km vanaf die Karoo Nasionale Park met 'n lieflike uitsig-roete en meer as 6 000 fauna- en floraspesies. Die park bied ook 'n tuiste aan 5 skilpadspesies - die meeste in enige bewarea ter wêreld. Die park het ook uitdagende 4x4-roetes in die berge, asook fietsry-, voetslaan- en fossielroetes.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
Ontbyt beskikbaar
Restaurant op die perseel

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 480 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Gb J
Saam met lewensmaat
5.0
Stylvolle gastehuis met goeie skoon geriewe. Netjiese, ruim kamers. Ons het heerlik gebly.
Nov 2025
Zelda O
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende oornag akkommodasie met vriendelike personeel. Dis 'n pragtige plek met baie goeie ontvangs. Akkommodasie was gerieflik en baie skoon gewe...
Sien meer
Nov 2025
Amarie P
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker en netjies. Baie lekker gebly, pragtige plek.
Okt 2025
Mentz K
Saam met lewensmaat
5.0
Dis skoon en netjies en goeie diens. Baie lekker. Ons hou van die fasiliteite en ook die feit dat ons hondjie ingeneem kon word.
Okt 2025
Sandra R
Saam met lewensmaat
5.0
Heerlike oornagverblyf! Heerlike oornagverblyf!
Okt 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Ralph Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 480

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • 15 De Villiers street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Die Herehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 750
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 750
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 750
per nag, vir 2 mense
Bespreek
  • Kapasiteit: 62 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 15 De Villiers street, Beaufort West, 6970, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDUxZjVhMGZjLWZiMGYtNDQ2Ni05NmFkLWY4OWJlYjM2MjA5Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 750 per nag, vir 2 mense 480 5 1 5 15 De Villiers street Beaufort West 6970 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 10:00 -32.352338068822 22.586047947407
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang