Pick your preferred language

English

Afrikaans

+40

6 gaste

3 slaapkamers

3 beds

3 badkamers

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • 497 Bosbok Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga Sien kaart

Beskrywing

Doornkom is in Marlothpark geleë en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende.

Die dubbelverdiepinghuis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het lugversorging, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het lugversorging, 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Dié 2 slaapkamers is op die boonste verdieping en het skuifdeure wat na die braai-area en stoep lei, wat reg rondom die huis strek. Die derde slaapkamer is op die grondverdieping en het ‘n koningingrootte-bed en lugversorging.

Die kombuis is met 'n stoof, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, skottelgoedwasser, tee- en koffiemaakgeriewe, breekware en eetgerei toegerus.

Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met Netflix en ‘n eetarea. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Daar is 'n kuierarea op die eerste verdieping met 'n ingeboude braai, 'n plonspoel, 'n Jacuzzi wat van koopkrag gebruik maak en waarvoor gaste self moet betaal, 'n yskas-vrieskas, breekware en eetgerei.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek op die perseel.

Marlothpark grens aan die Krugerwildtuin en die naaste ingangshek is Krokodilbrughek. Besoekers het die geleentheid om 'n rits vrylopende wild raak te sien en kan ook voëlkyk, fietsry, stap en vierwielmotorfietsry. Die dorp bied ook 'n waterpark en 'n putt-putt-baan, sowel as basiese geriewe soos 'n drankwinkel, 'n restaurant, 'n bakkery, 'n kuriowinkel en 'n vulstasie.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Lugversorging
Volledige kombuis
Braai
Warmbad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

June Geverifieer

Eiendomme 4

Resensies 73

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 497 Bosbok Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga
  • Gaste dink Doornkom het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 400
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek

497 Bosbok Street, Marloth Park, 1321, Mpumalanga

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Facebook
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2efb691423ee6ba4ad889af29ef575d126ec9d35c9b7f5d8c8fc85bbce3f53b7a36c3b833a060385dd731e965c2fbd5e7f87?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 400 per nag (plek vir 6) 25 5 1 5 497 Bosbok Street Marloth Park 1321 Mpumalanga 021 201 8901 15:00-20:00 09:00 -25.37569 31.76081

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang