8 gaste
4 slaapkamers
6 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Off the R36, Unit 22 Doornkop Fish and Wildlife Reserve, Carolina, 1185, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Doornkop22 is ’n selfsorg-chalet in die Doornkop Vis- en Wildreservaat, slegs 27 km vanaf Carolina in Mpumalanga. Dis die ideale wegbreek vir ’n gesin of groep vriende wat op soek is na gerieflike verblyf uit die stad, maar steeds naby verskeie doendinge.
Die chalet bied slaapplek aan 8 gaste en het 4 slaapkamers, 2 badkamers en ’n oopplan-kombuis, -eetarea en -leefarea. 2 van die slaapkamers het dubbelbeddens en die ander 2 kamers het enkelbeddens. Die eerste badkamer het ’n bad en die tweede badkamer het ’n stort.
Die kombuis is goed toegerus en daar is ook ’n skottelgoedwasser en wasmasjien. Die sitarea het ’n kaggel, TV met volledige HD DStv en ’n kroeg-area. Die leefarea lei na ’n stoep met 'n braai-area en die chalet word daagliks skoongemaak.
Die Doornkop Vis- en Wildreservaat se klubhuis bied gemeenskaplike swembaddens, tennisbane en ’n speletjieskamer. Basiese kruideniersware en hout kan ook hier aangekoop word.
Doendinge in die reservaat sluit perdry, voetslaanpaaie, bergfietsrypaaie, voëlkyk, kunsvlieghengel in enige van die 8 damme en wildritte in. Die reservaat huisves 15 soogdierspesies en 203 voëlspesies.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Simone Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 20
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Off the R36, Unit 22 Doornkop Fish and Wildlife Reserve, Carolina, 1185, Mpumalanga
- Gaste dink Doornkop22 het ’n uitstekende ligging
Toeganklikheid
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Off the R36, Unit 22 Doornkop Fish and Wildlife Reserve, Carolina, 1185, Mpumalanga
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang