+31
Selfsorg in Langebaan

Ellefsen Golf Suite 108

4 gaste

2 slaapkamers

3 beds

2 badkamers

  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Ellefsen Road, Ellefsen Estate 108, Langebaan, 7357, Wes-Kaap Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Ellefsen Golf Suite 108 is 'n lieflike selfsorgwoonstel in die pragtige Ellefsen Ghofllandgoed in Langebaan. Dit is ideaal vir 'n gesinsvakansie en is stapafstand vanaf die klubhuis en gemeenskaplike swembad.

Die woonstel is op die eerste verdieping en bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en gaste gebruik die badkamer met 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hulle eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea het hoë plafonne en 'n kombuis met 'n stoof, oond, mikrogolf, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, asook 'n toonbank. Daar is ook 'n wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n knus sitarea met gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi word voorsien.

Die glasskuifdeure lei na 'n onderdakbalkon met 'n ingeboude braai, asook, 'n tafel en stoele wat die ideale plek is vir 'n oggendkoffie of skemerkelkie. Veilige parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis word ook voorsien.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Swembad
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Albert Geverifieer

Eiendomme 66

Resensies 350

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Ellefsen Road, Ellefsen Estate 108, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
  • Gaste dink Ellefsen Golf Suite 108 het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 388
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 388
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 2 388
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Ellefsen Road, Ellefsen Estate 108, Langebaan, 7357, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 4 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 16:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc61ae30cc3401d72c57a3c1dfbe25c0a3068b293b6771fca9b2bed3500e3d1d269b394789683ff2f910c5ce3c36d210f8bc4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 388 per nag (plek vir 4) 1 5 1 5 Ellefsen Road Ellefsen Estate 108 7357 Wes-Kaap 021 201 8901 16:00-19:00 10:00 -33.076823336585 18.047422260049
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang