Erf 3
12 gaste
6 slaapkamers
7 beds
4 badkamers
- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 3 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Erf 3 bied slaapplek vir 12 gaste in 'n huis op Arniston se strandfront.
Dié ruim dubbelverdiepinghuis het 'n pragtige uitsig oor die see en beskik oor 6 slaapkamers en 4 badkamers. Vyf van die slaapkamers het dubbelbeddens en 1 van die kamers het 2 enkelbeddens. Daar is 3 slaapkamers met en suite-badkamers en die ander kamers deel een badkamer.
Die oopplan-kombuis het 'n stoof, oond en 'n mikrogolfoond en etes kan rondom die etenstafel geniet word. Daar is 'n Nespresso-koffiemasjien, maar gaste moet asb. hul eie koffiekapsules saambring. Gaste kan in 1 van die 3 sitkamers ontspan en daar is TV met DStv. Die huis het 2 kaggels.
Die leefarea bied toegang tot 'n sonnige stoep en braaigeriewe is buite beskikbaar. Die huis se tuin is omhein. Erf 3 het 'n alarmstelsel met gewapende reaksie. Neem asb. kennis dat sekere dele van die huis met trappe bereik word.
Arniston bied verskeie restaurante, lieflike strande, bergfietsry- en voetslaanroetes, visvang-geleenthede, walviskyk en skeepswrakke langs die kus wat toeriste kan besoek. Gaste kan ook die spa by die Arniston Hotel en die Waenhuiskransgrot besoek.
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.3/5
Cornel Geverifieer
Eiendomme 45
Resensies 169
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- 3 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
3 Beach Road, Arniston, 7280, Wes-Kaap
Sien kaart- 12 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang