9 gaste
4 slaapkamers
7 beds
4 badkamers
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 12:00 - 71 Zeekoekraal, Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Fairway Corner is 'n gerieflike selfsorgvakansiehuis op die Theewaterskloof Golf Estate met 24 uur-toegangsbeheer wat sowat 8 km vanaf Villiersdorp is. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n groot gesin of 'n groep vriende aangesien hierdie landgoed 'n 9 putjie-gholfbaan het.
Die eenheid bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en 1 gastetoilet. Die hoofslaapkamer met lugversorging het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer met 'n hoekbad en stort. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, die derde slaapkamer het ook 2 enkelbeddens en die vierde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die derde badkamer het nog 'n bad en stort.
Die knus leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en 'n eiland met stoele toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die kombuis lei na 'n etenstafel met genoeg sitplek vir gaste om hul etes saam te geniet. Langs die eetarea is 'n formele sitkamer met gemaklike sitplek. Gratis WiFi is beskikbaar.
Hierdie huis het 'n tweede sitkamer met gemaklike sitplek, 'n kaggel, 'n platskerm-TV (gaste moet hulle eie DStv-dekodeerder saambring) en 'n ingeboude binnebraai wat 'n wonderlike plek is vir gaste om kwaliteittyd saam te geniet. Buite is daar 'n tuin met 'n gazebo en veilige parkeerplek. Die landgoed is aan die oostelike oewer van die Theewaterskloofdam en het ook gemeenskaplike tennisbane en 'n swembad, visvang- en bootgeriewe asook 'n klubhuis met 'n kroeg.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Lucille Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 71 Zeekoekraal, Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
- Gaste dink Fairway Corner het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
71 Zeekoekraal, Theewaterskloof Golf Estate, Villiersdorp, 6848, Wes-Kaap
Sien kaart- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- 9 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 12:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang