+65
Selfsorg in Clarens

Golden View Luxury Self-Catering

  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 235 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat Sien kaart

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.

Beskrywing

Golden View Luxury Self-Catering is in die pragtige dorp, Clarens, geleë en bied verblyf in 3 selfsorgeenhede. Dié eenhede is ideaal vir paartjies, groepe of 'n gesin wat die area besoek of op pad is na Lesotho.

Die Rustic Red-ateljeewoonstel is 'n moderne woonstel met unieke en eklektiese dekor. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat luuksheid, ruimte en styl soek. Dié oopplan-ateljeewoonstel het 'n koningingrootte-bed, 'n groot hoekbad en 'n stort. Daar is ook 'n leefarea, eetarea en kombuis wat volledig toegerus is. Daar is 'n afskorting wat die woonstel meer privaat maak.

Die Contain the View-kothuis is 'n selfsorgeenheid met 2 stylvolle slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is ook 'n oopplan-leefarea met 'n kaggel en 'n kombuisie. Gaste het ook toegang tot 'n unieke, privaat buitebad.

Die Willow Rest-huis is 'n ruim drieslaapkamerhuis wat ideaal is vir 'n groot gesin met kinders. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 2 enkelbeddens. Die ander 2 slaapkamers het albei koningingrootte-beddens. Daar is 2 badkamers, waarvan die een 'n bad en die ander 'n stort het. Verder is daar 'n eetkamer en 'n moderne kombuis. Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, groot yskas, mikrogolf en koffiemasjien toegerus. Buite is daar 'n boma-area, perfek vir onthaal.

Elke eenheid het 'n stoep met braaigeriewe. Veilige parkeerplek is ook beskikbaar.

Golden View Luxury Self-Catering is stapafstand vanaf die middedorp met oulike winkeltjies, kunsgalerye en restaurante. Gaste kan ook net ontspan en die pragtige 180°-uitsig op die Malutiberge bewonder.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 90 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.6
Veiligheid
4.4
Gaste se hoogtepunte
Nonhlanhla S
Saam met vriende
5.0
Breathtaking. We had a wonderful stay, loved the view and the house was beautiful, exactly as shown in the pictures.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2026
Simangele H
Saam met vriende
5.0
Excellent. I have been to a couple of self-catering holiday houses in Clarens, but this one topped them all. The views, cleanliness, ac...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Lizl H
Saam met lewensmaat
5.0
Sal vir seker weer hier bly! Lieflike eenheid, stunning uitsig van die Maluti Berge. Stap-naby aan die middel van die dorpie se winkels en restaurante...
Sien meer
Mrt 2025
Felicia S
Saam met lewensmaat
4.4
Quaint cozy stay in a quiet area. Lovely quiet setting, but keep in mind that it is a shared property so you do hear it when people are...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jul 2025
Cathy V
Saam met lewensmaat
4.4
Baie rustige en mooi plekke, naby aan alles. Ons het lekker gebly, oulike plekkie. Baie mooi op gedoen, ons het verskriklik lekker gebly, die enigste ...
Sien meer
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Lizelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 90

Op LekkeSlaap 10 jaar

Ligging

  • 235 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Golden View Luxury Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R1 450
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R1 450
per nag (plek vir 2)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R1 450
per nag (plek vir 2)
Bespreek

235 Bester Street, Clarens, 9707, Vrystaat

Sien kaart
  • Slaapplek vir 14 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Soos Gesien op Instagram
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00

Partner

Dié plek bied ekstra voordele aan LekkeSlaap Rewards-lede.
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGQwNzhjYjZmLTAxODktNDFjMi05NGRhLTM5ZTk3NDA4M2UyZg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 450 per nag (plek vir 2) 90 5 1 5 235 Bester Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -28.51879358165 28.421038091183
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang