Grace
8 gaste
4 slaapkamers
5 beddens
4 badkamers
- Slaapplek vir 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 32 Fraser Street, Sedgefield, 0157, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Grace is 'n selfsorgvakansiehuis in die hartjie van Sedgefield. Dit is 'n wonderlike opsie vir 'n groot gesin of idiaal vir twee groepe van vriende of familie wat die skilderagtige tuinroete wil verken.
Dié eiendom bied gerieflike kuier en slaapplek vir altesaam 8 gaste op 'n slag en beskik oor 4 ruim slaapkamers en 4 badkamers. Al die kamers loop uit op n balkon, waar n mens n pragtige uitsig kan geniet van die groen woud of net rustig n laat nag drankie kan geniet, en kyk na die pragtige sterre.
Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n queen grootte-bed en beskik oor 'n volledige en suite-badkamer, met n bad en stort. Jy kan die stack-away deure oopmaak wat oopmaak op n stoep, en n wonderlike koel briesie wind in laat in die vertrek. Daar is ook 2 gemak stoele waar jy rustig kan sit om n boek te lees.
Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het ook 2 enkelbeddens.
Die vierde slaapkamer het 'n queen grootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Al die slaapkamers maak oop op die boonste stoep area.
Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, elektriese oond, lugbraaier, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ysmashien ,eetgerei en breekware asook 'n sentrale eiland met stoele.
Daar is n groot opwas area, waar daar n wasmashien beskikbaar is vir gaste.
Geen skottelgoed wasser nie.
Van die kombuis af lei 'n eetarea waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sit area het gemaklike sitplek en het twee sitkamers en 'n TV. Die area maak ook oop op n buite stoep.
Toegang tot gratis WiFi is beskikbaar. Daar is ook n gaste toilet op die grond vloer, vir gemak.
Buite is twee onderdakstoepe met 'n buite-etenstafel en braaigeriewe wat 'n wonderlike plek is vir gaste om te ontspan, die area maak oop met stackaway deure .
Hierdie eiendom het ook 'n ruim binnebraaikamer vir die winderige dae, ook toegerus met n yskas/ vrieskas ook met gemaklike dag beddens waar jy jou voete net kan opsit en ontspan. Daar is ook n queen groote bed en n badkamer met n stort. Die area is n groot ontspanning area in geheel wat ook toemaak met n stackaway deur om hitte in te hou of vir privaatheid.
Vir die kouer winterdae tydens beurtkrag word hierdie eiendom deur sonpanele gerugsteun.
Die eindom het n dubble skadunet parkering, en is omhein en veilig ingerig met n huis alarm.
Dit is n selfsorg eenheid, beddegoed word wel voorsien, gaste moet egter hulle eie handdoeke voorsien.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Bad, Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.8/5
Alna Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 32 Fraser Street, Sedgefield, 0157, Wes-Kaap
- Gaste dink Grace het ’n goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
32 Fraser Street, Sedgefield, 0157, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang