+23

Grace on Argyle

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Argyle Avenue, Craighall, Randburg, 2196, Gauteng
  • Vanaf R1 000 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Grace on Argyle gebruik uitsluitlik sonkrag en bied 'n huislike wegbreek in die stad. Dit is in die veilige en sentrale woonbuurt Craighall, net 5 km vanaf Sandton se sakekern en 2 km vanaf Hyde Park geleë en daarom ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers, en gaste wat met 'n kind reis. Dit het ook 'n ideale ligging vir gaste wat buitelandse ambassades moet besoek.

Die gastesuite is tussen die boomtoppe bo 'n gesinshuis geleë en het 'n koninggrootte-bed en 'n klein skakelkamer met 'n driekwartbed. Daar is nie 'n deur tussen die slaapkamers nie, maar 'n draagbare skerm bied 'n mate van privaatheid. Die en suite-badkamer het 'n bad, stort, wasbak en 'n toilet. Bad- en swemhanddoeke word voorsien, asook 'n strykyster en 'n haardroër. Die suite is met 'n yskassie, Nespresso-koffiemasjien, ketel en 'n mikrogolfoond toegerus. Komplimentêre bestanddele vir ontbyt, 'n peuselhappiemandjie, muesli, beskuit, vrugte, melk, tee en koffie word voorsien.

Daar is 2 tafels in die suite wat vir werk en eet geskik is, asook 'n TV met die volle DStv-pakket, WiFi en 'n masseerstoel. 'n Ekstra matras kan voorsien word indien gaste 2 kinders het.

Gaste het toegang tot veilige parkeerplek en is welkom om die tuin en die swembad te gebruik. Wasgoed kan teen 'n ekstra fooi gedoen word.

Die suite is apart van die gesinshuis en bied 'n uitsig oor die tuin en swembad. Gaste het privaat toegang tot die suite en kan kom en gaan soos hulle wil.

Die suite is naby Deltapark waar gaste in 'n lieflike omgewing langs die Braamfonteinspruit kan stap of draf. Die ligging bied maklike toegang tot nabygeleë winkels, winkelsentrums en restaurante.

Kamer-opset

1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

3

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbed vir 1

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens
Swembad
TV
DStv

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 29 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ntokozo S
Gesin met klein kinders
5.0
10/10 guest house. One in a million rentals that considers the family and there is a lot of privacy within the big space. The host was ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Okt 2025
Mariska L
Gesin met tieners
5.0
Ruim sonnige vertrekke en goeie koffie! Grace on Argyle se vertrekke is ruim. Groot vensters laat die natuurlike lig inkom in al die kamers. 'n Oulike...
Sien meer
Okt 2025
Casper P
Saam met lewensmaat
5.0
Groot, gerieflik en rustig. Ons het die besoek baie geniet en sal graag weer daar oornag. Die eenheid is ruim met al die geriewe daarin wat mens nodig...
Sien meer
Okt 2025
Masana M
5.0
Excellent accommodation. Excellent stay with so many thoughtful touches that made it perfect! Will definitely be back.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jul 2025
Jonathan V
Saam met lewensmaat
5.0
Enjoyed the stay, will return again. Spacious room, very quiet area.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Rosy Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 29

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • 12 Argyle Avenue, Craighall, Randburg, 2196, Gauteng
  • Gaste dink Grace on Argyle het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 000
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R 1 000
per nag (plek vir 2)
Bespreek
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 3 persone
    2 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 12 Argyle Avenue, Craighall, Randburg, 2196, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAdaf511f33324084ee6a3ec633e5df5f88c7f951cd4e4c47dceb9bec376874ec000b4e0ca67a3029d55d3f82ae4dea3d06c5a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense 29 5 1 5 12 Argyle Avenue Craighall 2196 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.113574450509 28.028271457672

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang