Hakuna Matata Boutique Game Farm
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Groot Sorgfontein Plaas, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 800 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hakuna Matata Boutique Game Farm is 'n werkende plaas sowat 10 km noordwes can Groot Brakrivier in die Wes-Kaap. Hierdie dorp is halfpad tussen George en Mosselbaai langs die N2 geleë. Hiér kan gaste met natuurgeluide wakker word, die leeus hoor brul, die plaaslug inasem en die see is slegs 20 min weg.
Verblyf word gebied in 3 Plaaskothuise waarvan kothuis 1 en 2 slaapplek aan 4 gaste bied, en die derde kothuis bied slaapplek aan 6 gaste.
Die Standaard Plaaskothuis het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die oopplan-leefarea het 'n binnebraai, kombuisie en 'n sitarea met 'n dubbelslaapbank.
Die Luukse Koningin-kothuis beskik oor 2 slaapkamers en 2 badkamers. Dit spog met 'n privaat onderdakbraai, buitestort en houtvuurwarmbad op die stoep. Die hoofslaapkamer het 'n luukse bad met 'n uitsig. Die en suite-slaapkamer beskik oor 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat geskik is vir kinders. Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, skottelgoedwasser en 'n lugbraaier. Daar is ook 'n sitarea. Kothuis 1 en 2 het 'n privaat dek en gaste kan die gemeenskaplike lapa en braai-area gebruik.
Deluxe Birdsong Cottage beskik oor 2 slaapkamers waarvan die hoofslaapkamer 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Die tweede slaapkamer het 3 enkelbeddens en gaste gebruik 'n aparte badkamer met 'n stort. Die oopplan-leefarea het 'n kombuisie, eetarea en 'n enkelbed in die sitarea. Die kothuis het 'n houtvuurwarmbad en 'n privaat onderdakbraai-area op die stoep.
Let asb. dat daar geen TV of radio is nie en selfoonopvangs beperk is. Ons ervaar wel beurtkrag, maar het gasstowe en batterylampe in die kamers.
Vir die voëlkyker is daar 'n verskeidenheid voëls soos die Knysna Bosloerie en Visarend. Die plaas huisves siektevrye buffels en 'n verskeidenheid bokke.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- Internet
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.6/5
Lustine Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 31
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Groot Sorgfontein Plaas, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Gaste dink Hakuna Matata Boutique Game Farm het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Groot Sorgfontein Plaas, Groot Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom