Heidedal Selfsorg Gastehuis
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R720 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Heidedal Selfsorg Gastehuis is op 'n plaas 27 km buite Porterville geleë in die Groot Winterhoek berge en is deel van die bewaar-area naby die Groot Winterhoek Natuurreservaat. Die naaste dorpe is Tulbagh (75 km), Piketberg (53 km) en Citrusdal (75 km).
Verblyf word gebied in die Grasdak Plaashuis, 'n groot gerieflike huis met slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 4 badkamers. Die slaapkamers het koninggrootte-beddens en daar is 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens. Die badkamers het stortgeriewe.
Daar is ’n goed toegeruste kombuis met ’n yskas-vrieskas, stoof, oond en ketel. Gaste het toegang tot 'n oopplan-eetarea en die sitarea het 'n kaggel vir daardie koue wintersaande se kuiers. Daar is ook 'n stoep met sitplek, eet- en braai-area, asook 'n uitsig oot die tuin en op die berge.
Verblyf word ook gebied in die Stalle met basiese selfsorggeriewe en beskik oor 2 slaapkamers elk met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid kan in totaal 4 volwassenes of 2 volwassens en 3 kinders akkommodeer. Die kombuis is met, onder andere, ’n stoof, yskas, breekware en ketel toegerus en sluit aan by die sit- en eetarea. Al die vertrekke het 'n deur wat lei na die stoep wat tafel, stoele en braaigeriewe het. Die Stalle het ook ’n fantastiese uitsig op die berge wat vir seker bydra tot die rustigheid.
`
Die Fauna en Flora is onder andere klipspringers, duikers en vaal ribbokke, bobbejane, rooikatte, muskeljaatkatte, wildekatte en luiperds en n magdom voels. Die Kaapse fynbos in die omgewing is ryk aan verskeie spesies.
Vir die stappers is daar 'n hele paar voetslaanpaaie in die Groot Winterhoek Berge en navraag in dié verband kan by Cape Nature gedoen word.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Marinda Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 35
Jare op LekkeSlaap 6
Ligging
- Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
- Gaste dink Heidedal Selfsorg Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Wes-Kaap
- Kapasiteit: 14 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom