Highland Gate Golf & Trout Estate Erf 769
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highland Gate Golf and Trout Estate, Kruisfontein-weg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Highland Gate Golf & Trout Estate Erf 769 is 'n lieflike dubbelverdiepinghuis reg langs die 6de putjie op die Ernie Els-gholfbaan, net 18 km buite Dullstroom. Dié selfsorghuis spog met pragtige uitsigte op die kranse en oor die landskap.
Die huis beskik oor 3 slaapkamers op die boonste verdieping, 2 badkamers en 1 en suite-slaapkamer op die onderste verdieping. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n knus kaggel en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Die tweede en derde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en dié gaste deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Op die onderste verdieping het die vierde slaapkamer 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad.
Die hoofleefarea bestaan uit 'n ruim sitarea met 'n TV, 'n eetarea met 'n binnebraai en 'n kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware. Gratis WiFi is beskikbaar. Die kombuis het ook 'n aparte opwaskamer met 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Daar is verskeie bordspeletjies en legkaarte, sowel as tafeltennis om gaste besig te hou.
Buite is daar 'n lieflike stoep waar gaste 'n skemerkelkie kan geniet of van die Weber-braai gebruik kan maak. Twee motorhuise beskikbaar.
Die landgoed spog met 'n 18 putjie-gholfbaan, 'n lieflike restaurant en die mooiste stap- en fietsroetes. Gaste kan gerus die dorpie Dullstroom besoek waar hulle lekker kan rondloop en die talle geriewe wat die dorp bied, kan geniet.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Jennifer Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 11
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Highland Gate Golf and Trout Estate, Kruisfontein-weg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Gaste dink Highland Gate Golf & Trout Estate Erf 769 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Highland Gate Golf en Trout Estate Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Highland Gate Golf and Trout Estate, Kruisfontein-weg, Dullstroom, 1110, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom