Pick your preferred language

English

Afrikaans

+34
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 15 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Off the N1, Hillside Farm, Trompsburg, 9300, Vrystaat Sien kaart

Beskrywing

Hillside Farm is 'n plaas in die Suidelike Vrystaat, 'n veeboerderystreek. Die plaas is naby die N1 tussen Trompsburg en Springfontein en is die ideale oornagplek vir diegene op pad na Gauteng, Limpopo, Mpumalanga en selfs vanaf KwaZulu-Natal na die Oos-Kaap of Wes-Kaap.

Verblyf is beskikbaar in 3 eenhede, naamlik Len's Cottage, Garden View en The Tree House wat in 'n pragtige tuin skuil. Elke eenheid het 'n yskassie, 'n mikrogolf en tee- en koffiemaakgeriewe. 'n Kontinentale ontbyt word daagliks in elke eenheid bedien en sluit ontbytpap, jogurt, vars vrugte of vrugte gestoof in rooibostee, kaas, stukkonfyt, vrugtesap, varsgebakte muffins, tee en koffie in.

Hillside Farm bied veilige parkeerplek en verskeie buitelug-doendinge. Verken die plaas te voet, besigtig die plaasaktiwiteite, ry fiets, speel tennis of krieket of koel af in die omheinde swembad tussen ou, gevestigde bome. Gaste kan kyk hoe lammertjies in die lente op die vlaktes baljaar, hoe wolskape geskeer word en Angus-kalwers geweeg en gemerk word. Daar is 'n stoep en 'n lekker grasperk waar gaste 'n piekniek kan hou onder die sterrehemel.

Die plaas is al vir 4 generasies en meer as 100 jaar in dieselfde familie. Elke generasie het op die sukses van die vorige gebou en toevoegings gemaak.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 23 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kate Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 23

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Off the N1, Hillside Farm, Trompsburg, 9300, Vrystaat
  • Gaste dink Hillside Farm het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 870
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 870
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 870
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Off the N1, Hillside Farm, Trompsburg, 9300, Vrystaat

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • 15 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAALH98ZiIH81QoKf0YMvB2YHr7d4PpmvBmXQMLXt3IfjlKsKfS97?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 870 per nag, vir 2 mense 23 5 1 5 Off the N1 Hillside Farm 9300 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -30.162662523823 25.746126573016
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang