Hornbill Lodge and Legends Restaurant
- Kapasiteit: 26 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plaas 506 Afde;omg 96 Zeekoeihoek, H/v R24 Rustenburg-weg en rR563 Hekpoort-weg, Magaliesberg, 1791, Gauteng
- Vanaf R2 300 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hornbill Lodge and Legends Restaurant is 'n ontspanne lodge wat op 10 hektaar se woudgebied op die oewer van die Magaliesrivier in Magaliesburg geleë is. Die lodge is net 2,7 km van Maropeng se middedorp af en naby die Wieg van die Mensdom se argeologiese terrein.
Verblyf is beskikbaar in gesinskamers, luukse gesinskamers, executive-suites en 'n selfsorgkothuis. Al die kamers het lugversorging, 'n TV en 'n DStv-hotelpakket.
Gaste het toegang tot 'n knus gemeenskaplike gastesitarea en eetarea wat rusbanke, 'n kaggel, etenstafels en 'n yskassie het. Die sitarea bied weer toegang tot 'n onderdakbraai met nog sitplek.
Diegene wat verkies om te kamp sal bly wees oor die kampeerplekke langs die rivier. Al die staanplekke het gras, kragpunte en is in die skaduwee. Die ablusiegeriewe is net 100 m van die staanplekke af.
Die Legends Restaurant is 'n steak-restaurant wat ontbyt en ander plaasstyl maaltye bied en het 'n grasdak en 'n kaggel.
Hornbill Lodge bied ook 'n groot swembad, 'n kinderswembad, Running Waters Spa en 'n trampolien. Die grasperke strek al die pad tot by die rivier. Die lodge is ideaal vir ontspanningsreisigers, troues, klein konferensies en verjaarsdagpartytjies.
Vir gretige hengelaars is daar die geleentheid om vis te vang op die perseel op 'n vang-en-vrylaat-basis en die meeste visse is trofee-grootte. Daar is ook sowat 180 voëlsoorte, en 'n paar kleiner wildsoorte. Die Magaliesrivier vloei sterk dwarsdeur die jaar en lok verskeie voëls, skoenlappers en rivierdiere. Die lodge se inwonende likkewaan sonbaai ook gereeld op die rivierklippe.
Kenmerke
Geriewe
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Satelliet-TV
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Kamerbediening
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
- Etes Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Wegbreekkamers
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
3.9/5
Cobie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 84
Op LekkeSlaap 12 jaar
Ligging
- Plaas 506 Afde;omg 96 Zeekoeihoek, H/v R24 Rustenburg-weg en rR563 Hekpoort-weg, Magaliesberg, 1791, Gauteng
- Gaste dink Hornbill Lodge and Legends Restaurant het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Wes-Rand Wieg van die Mensdom Gauteng
- Kapasiteit: 26 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Plaas 506 Afde;omg 96 Zeekoeihoek, H/v R24 Rustenburg-weg en rR563 Hekpoort-weg, Magaliesberg, 1791, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang