Jaci's Sabi House
6 gaste
3 slaapkamers
4 beds
3 badkamers
- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Sabi Sand Game Reserve, Hluvukani, 1351, Mpumalanga Sien kaart
Beskrywing
Jaci's Sabi House is 'n ekslusiewe, privaat woning wat in die befaamde Sabi Sand Wildreservaat geleë is. Dié wildreservaat is bekend vir die Groot 5 en grens aan die suidwestelike hoek van die Krugerwildtuin. Die Sabi Sand Wildreservaat deel 'n 50 km lange grens met die Krugerwildtuin.
Dié grasdakhuis bied eersteklas geleenthede vir wildkyk in die Sabi Sand Wildreservaat en is die perfekte bestemming vir 'n onvergeetlike bosveld-avontuur.
Jaci’s Sabi House bied slaapplek aan maksimum 6 volwassenes en 2 kinders. Die geriewe is slegs vir die ekslusiewe gebruik van die gaste. Gaste kan in die hooflodge se hoofslaapkamer geakkommodeer word of in 2 kamers in die aparte ruim gaste-kothuis met luukse afwerkings en unieke dekor. Dié gaste-kothuis het 2 slaapkamers wat elkeen ingerig is met 2 enkelbeddens.
Die hooflodge spog met 'n groot patio en 'n uitkyk-area, swembad, ooppplan-kombuis en -kroeg. Eetkamergeriewe is binne en buite beskikbaar. Kom smul aan 'n feesmaal terwyl jy onder die Afrika-sterre ontspan. Die hooflodge spog met ontwerpersmateriaal wat plaaslik vervaardig word, kunsvlyt, 'n kleurvolle kalbas-kroonkandelaar, muurkuns van geweefde mandjies en 'n unieke sofa. Die flambojante groen, blou en rooi muurkleure word geanker deur die antieke donkerhoutmeubels, ontblote grasdak en die sementvloere.
Volg gerus die paadjie deur die inheemse ontwerperstuin. Dié paadjie bied toegang tot die aparte en suite-tuinkamers, vuurput en boma.
Ons kroeg bied aan gaste 'n spesiale versameling Suid-Afrikaanse wyne, plaaslike bier, sterker drank en ander drankies. Alle maaltye spog met flair en word op die perseel deur die sjef voorberei.
Daar is 'n privaat swembad, inheemse tuin, privaat sjef, veldgids en wildkykvoertuig wat 'n onvergeetlike safari-belewenis verseker.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Sabi Sand Game Reserve, Hluvukani, 1351, Mpumalanga
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Sabi Sand Game Reserve, Hluvukani, 1351, Mpumalanga
Sien kaart- 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang