Jaci's Sabi House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Jaci's Sabi House is 'n ekslusiewe, privaat woning wat in die befaamde Sabi Sand Wildreservaat geleë is. Dié wildreservaat is bekend vir die Groot 5 en grens aan die suidwestelike hoek van die Krugerwildtuin. Die Sabi Sand Wildreservaat deel 'n 50 km lange grens met die Krugerwildtuin.

Dié grasdakhuis bied eersteklas geleenthede vir wildkyk in die Sabi Sand Wildreservaat en is die perfekte bestemming vir 'n onvergeetlike bosveld-avontuur.

Jaci’s Sabi House bied slaapplek aan maksimum 6 en minimum 4 gaste. Die geriewe is slegs vir die ekslusiewe gebruik van die gaste. Gaste kan in die hooflodge se hoofslaapkamer geakkommodeer word of in die aparte, ruim gaste-kothuis met sy luukse afwerkings en unieke dekor. Dié gaste-kothuis het 2 slaapkamers wat elkeen ingerig is met 2 enkelbeddens.

Die hooflodge spog met 'n groot patio en 'n uitkyk-area, swembad, ooppplan-kombuis en -kroeg. Eetkamergeriewe is binne en buite beskikbaar. Kom smul aan 'n feesmaal terwyl jy onder die Afrika-sterre ontspan. Die hooflodge spog met ontwerpersmateriaal wat plaaslik vervaardig word, kunsvlyt, 'n kleurvolle kalbas-kroonkandelaar, muurkuns van geweefde mandjies en 'n unieke sofa. Die flambojante groen, blou en rooi muurkleure word geanker deur die antieke donkerhoutmeubels, ontblote grasdak en die sementvloere.

Volg gerus die paadjie deur die inheemse ontwerperstuin. Dié paadjie bied toegang tot die aparte gaste-kothuis, vuurput en boma.

Ons kroeg bied aan gaste 'n spesiale versameling Suid-Afrikaanse wyne, plaaslike bier, sterker drank en ander drankies. Alle maaltye spog met 'n eg Suid-Afrikaanse flair en word op die perseel deur die sjef voorberei.

Daar is 'n privaat swembad, inheemse tuin, privaat sjef, veldgids en wildkykvoertuig wat 'n onvergeetlike safari-belewenis verseker.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte Ingesluit
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Maaltye Aangebied

  •  Drankies ingesluit
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Jaci's Sabi House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R67 440 per nag (vir 6 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za