+85
Selfsorg in Bojanala

Kaalvoet Koppies Oord

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 28 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Farm Roodekopjes, Brits, 0250, Noordwes Sien kaart

Beskrywing

Kaalvoet Koppies Oord bied 'n Bosveld-ervaring met 'n verskeie voël- en wildspesies. Die plaas is 7 km buite Brits geleë.

Verblyf is beskikbaar in 3 chalets wat elk 'n klerekas, lugversorging en slaapplek vir 2 gaste het. Klipspringer het 1 koninginggrootte bed met 'n jaccuzzi buite. Zebra en Tsessebe is 2 chalets wat teenaan mekaar gebou is. Elkeen het sy eie ingang. Die badkamers het elk 'n stort, wasbak en toilet. Geriewe in die kamer sluit tee- en koffiemaakgeriewe, asook 'n yskas, mikrogolf en induksiekookplaat in. Elke chalet het sy eie braaigeriewe buite.

Daar is ook 10 kampeerplekke met kragpunte. Die karavaanstaanplekke is groot genoeg vir 'n karavaan en 'n klein tent. Gaste maak van gemeenskaplike ablusiegeriewe met 4 toilette, wasbakke en storte gebruik.

Die oopplan-lapa het 'n kombuis, eetkamer en 'n sitkamer. Die kombuis het 'n dubbeldeur-yskas, 'n stoof met 'n oond, ingeboude kaste, breekware, eetgerei, koffie- en teemaakgeriewe en 'n eet- en sitarea. Daar is braaigeriewe en 'n boma. Lapa is apart van chalets en word teen ekstra tarief verhuur per dag. Daar is ook 'n klein Lapa langs die dam.

Die plaas het 'n varswaterdam wat ideaal is vir visvang. Etes is op versoek beskikbaar. Kaalvoet Koppies is die ideale bestemming vir oornagverblyf of net 'n rustige wegbreek. Dis ook geskik vir kontrakteursverblyf.

Kaalvoet Koppies is slegs 30 km vanaf Hartbeespoort met 'n hele rits besienswaardighede.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Michelle B
Gesin met tieners
5.0
Lekker kuierplek. Dit is 'n baie lekker plek en rustig. Die lapas is ongelukkig net vol spinnekoppe. My seun is deur iets gebyt, hy is glad nie lekker...
Sien meer
Des 2025
Riaan V
Saam met vriende
5.0
Vriendelik, rustig, skoon, pragtig. Baie lekker, rustig kamp, vriendelik. Sal definitief aanbeveel.
Des 2025
Riaan C
5.0
Lekker plek vir kinders om te speel. Karin het my sommer gou geskuif na die lekkerste staanplek. Heelwat bokkies en dassies op die terrein. Baie speel...
Sien meer
Okt 2025
Karin B
Saam met lewensmaat
5.0
Ontspannend, rustig. Baie, baie lekker. Wou nie huis toe gaan nie.
Aug 2025
Hermina J
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig, stil en goed vir die siel. Pragtige rustige plek. Naweek was alles wat ons voor gehoop het. Dankie, vir jou vriendelikheid.
Mei 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Lizelle Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Farm Roodekopjes, Brits, 0250, Noordwes
  • Gaste dink Kaalvoet Koppies Oord het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 544
per nag (plek vir 4)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 544
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 544
per nag (plek vir 4)
Bespreek

Farm Roodekopjes, Brits, 0250, Noordwes

Sien kaart
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Slaapplek vir 28 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA959a7e07c7b64684c97952e32b7b02f9aaeb0d2c74f15108b5bcda4aeaaa95a7588087860d64f5ddc7ac2156684971994166?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R544 per nag (plek vir 4) 32 5 1 5 Farm Roodekopjes Brits 0250 Noordwes 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -25.614571702234 27.734062710312
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang