20 gaste
8 slaapkamers
12 beds
8 badkamers
- 20 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Clarence Drive, Farm Hangklip 559, Pringle Bay, 7196, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Kapensis Guesthouse het 'n manjifieke ligging in die hartjie van die Wes-Kaap se unieke fynbosstreek. Dit spog met 'n berguitsig en 'n see-uitsig in die verte. Die gastehuis is op 'n fynbosplaas van 8,5 hektaar groot net buitekant Pringlebaai.
Die groot gastehuis bied slaapplek aan maksimum 20 gaste en beskik oor 8 slaapkamers, 7 badkamers en 'n gastetoilet. Die slaapkamers het of koninggrootte-beddens, of koningingrootte-beddens of enkelbeddens. Elke bed is met gehaltelinne oorgetrek. Bad- en stortgeriewe is in die villa beskikbaar. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, dubbeloond, 2 yskas-vrieskaste, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n eetarea met genoeg sitplek vir gaste om maaltye saam te nuttig. Die sitarea het gemaklike sitplek, 'n kaggel en 'n platskerm-TV met die volle DStv-pakket. Gratis WiFi is beskikbaar.
Die leefarea en 'n paar van die slaapkamers lei direk na 'n ruim buite-area met 'n sprankelende swembad, buitesitplek en draagbare braaigeriewe. Kapensis is perfek vir gaste wat die Overberg-streek en omliggende platteland wil verken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Katharina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 4
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- Clarence Drive, Farm Hangklip 559, Pringle Bay, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink Kapensis Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Clarence Drive, Farm Hangklip 559, Pringle Bay, 7196, Wes-Kaap
Sien kaart- 20 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang