Pick your preferred language

English

Afrikaans

+16
Gastehuis in Jacobsbaai

Klokkiebosch

  • 8 gaste
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 14 Korhaan Avenue, Jacobs Baai, 7395, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Klokkiebosch is in die rustige Jacobsbaai geleë, aan die oewers van Smalbaai 'n uur se ry van Kaapstad af. Die gastehuis skakel in by die Jacobsbaai-boustyl en is luuks gedekoreer om gaste welkom, bederf en ontspanne te laat voel.

Klokkiesbosch het 2 luukse suites op die grondvloer met koninggrootte-beddens of 2 enkelbeddens. Daar is 2 standaardkamers op die eerste verdieping. Al die kamers het en suite badkamers, see-uitsigte, yskassies en Nespresso-masjiene. Die gastehuis bied 2 sitkamers en 'n groot beskutte patio wat gaste kan gebruik.

Heerlike ontbyt word op die veranda bedien, as die weer dit toelaat. Liplekker middag- en aandete word op versoek bedien.

Hierdie idilliese wegbreek is ideaal vir spesiale vieringe. Wessel Minnaar, die bestuurder, en sy span sal jou kuiertjie 'n onvergeetlike ervaring maak.

Minder as 100 meter van die strand af is daar paadjies waar 'n mens lekker kuslangs rondom Smalbaai of op die rotse waar die golwe breek kan gaan wandel. Gaste kan teen sonsondergang gaan wandel of die unieke Weskus van die stoep af bewonder.

Daar is 'n volop voëllewe in die Mediterreense tuin en skilpaaie en klein bokkies maak af en toe 'n verskyning. Alhoewel walvisse ongereelde besoekers aan die baai is, bied hulle 'n aanskoulike vertoning wanneer hulle kom.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 60 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.9
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Wessel Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 60

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 14 Korhaan Avenue, Jacobs Baai, 7395, Wes-Kaap
  • Gaste dink Klokkiebosch het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 200
per nag, vir 2 mense
Bespreek

14 Korhaan Avenue, Jacobs Baai, 7395, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 8 gaste
  • Geen kinders onder 12
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQ1MDcyYjdjLTJhZGUtNDYxZC1iNjk2LTA0ZWJhYzJiY2NjMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense 60 5 1 5 14 Korhaan Avenue Jacobs Baai 7395 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.972783736674 17.886544167995
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang