11 gaste
4 slaapkamers
6 beds
3 badkamers
- 11 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00 - 93 Seaview Drive, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Laatlam93 is 'n ruim en luukse dubbelverdiepinghuis op die seefront met 'n baie mooi see-uitsig. Die huis is in Franskraal en is 7,2 km vanaf Gansbaai, 5 km vanaf Kleinbaai en 50 km vanaf Hermanus. Franskraal is bekend vir Suidelike noorkappers en witdoodshaaie.
Laatlam93 is geskik vir 11 gaste en het 4 slaapkamers. Drie slaapkamers het elk 'n see-uitsig en die vierde slaapkamer is lekker sonnig en front noord. Twee van die slaapkamers het elk 'n en suite-badkamer en die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer.
Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, yskas, diepvrieskas en mikrogolf toegerus. Daar is 2 leefareas met gemaklike banke, asook 'n binnebraai en draagbare braai. Die balkon bo het 'n bank en bied sitplek vir 10 persone en 'n baie mooi see-uitsig.
Die grondverdieping het 'n speletjiesarea met 'n pooltafel wat ook as 'n tafeltennisblad gebruik kan word. DStv-kanale, wifi, beddegoed en handdoeke word voorsien.
Daar is 'n dubbelmotorhuis, ekstra parkeerplek op die perseel wat omhein is, laserstraal-sekuriteit en 24 uur-reaksie.
Aktiwiteite om na uit te sien in die area sluit fietsry, stap, visvang, rolbal, gholf, swem, haaihokduik en walviskyk in.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Sunelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 39
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- 93 Seaview Drive, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
- Gaste dink Laatlam93 het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
93 Seaview Drive, Franskraal, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
Sien kaart- 11 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 11:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang