Laguna La Crete 16
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Selvey-laan, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 140 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Laguna La Crete 168 is ’n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Beacon Rocks in Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing.
Dié woonstel op die grondvloer het slaapplek vir 4 volwassenes en 4 kinders, en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het ’n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 stapelbeddens vir 4 kinders. Dié 2 slaapkamers deel die tweede badkamer. Die oopplan-kombuis het 'n yskas, mikrogolfoond, oond en 'n stoof.
Die sitarea langsaan het ’n TV met 'n DStv-koppelpunt, so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder en -slimkaart saambring. Daar is ongelukkig nie 'n Explora-koppelpunt nie. Die sitarea lei na 'n balkon met gasbraaigeriewe. Die kompleks spog met 'n gemeenskaplike swembad, braaigeriewe, 'n klubhuis, 'n tennisbaan en veilige onderdakparkeerplek vir voertuie.
Die kompleks is ook net 6 km vanaf die Hibiscus Mall, Margate se hoofstrand, Shelly Sentrum en restaurante, en lekker naby 'n hele rits ander geriewe in dié deel van die Suidkus.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Swem
- Tennis
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Fietsry
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
David Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 359
Op LekkeSlaap 5 jaar
Ligging
- Selvey-laan, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Laguna La Crete 16 het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Beacon Rocks Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Selvey-laan, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom