Le Franz
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Johannastraat 9, Parys, 9585, Vrystaat
- Vanaf R850 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Le Franz is 'n gastehuis in die stil dorpie, Parys, op die oewer van die Vaalrivier in die Vrystaat.
Verblyf is beskikbaar in 5 eenhede waarvan 4 eenhede toegerus is vir basiese selfsorg. Eenheid 1, 2, 4, 5 het TV's met Netflix-toegang en Eenheid 3 het sekere DStv-kanale. Alle eenhede het toegang tot gratis WiFi.
Die eenhede het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, maar Eenheid 1 het wel 'n bad. Eenhede 4 en 5 is losstaande eenhede. Alle eenhede het buitebraaie.
Elke kamer is 'n plek van privaatheid en rus. Eenheid 2 het sy eie onderdakstoep met 'n ingeboude braai en groot etenstafel. Verder is daar 'n pragtige tuin. Handdoeke en beddegoed word voorsien.
Ander geriewe sluit 'n TV met Netflix, gratis WiFi en lugversorging in. Daar is 'n steunkragstelsel wat die ligte, WiFi, drukpomp en TV's aan kan hou gedurende beurtkrag. Veilige parkeerplek agter 'n afstandbeheerde hek is beskikbaar.
Le Franz is stapafstand vanaf die rivier, asook die gewilde Hartelus-mark elke eerste Saterdag van die maand. Gaste kan hul visvangtoerusting saambring en by die rivieroewer ontspan.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Televisie
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Connie & Frikkie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 74
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Johannastraat 9, Parys, 9585, Vrystaat
- Gaste dink Le Franz het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Parys Noordelike Vrystaat Vrystaat
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Johannastraat 9, Parys, 9585, Vrystaat