+12
Selfsorg in Karoo

Leeuwfontein Guest Farmhouse

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 37 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.6
Veiligheid
4.4
Elké R
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2025

Heerlike kuier. Ons het net een nag oorgebly en was vriendelik ontvang. Daar is alles wat nodig is in hierdie ruim plaashuis - baie gemaklike slaapplek en salige stilte. Wens ons kon langer gebly het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marina R
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2025

Lekker rustig en presies wat ons wou hê. Baie dankie vir die lekker verblyf. Die ou plaashuis is so mooi en rustig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Des H
1 nag Gesin met tieners
4.8
Des 2025

Rustige plaas atmosfeer, skoon en netjiese verblyf. Aangenaam verras met plaashuis, skoon en ruim kamers. Veral dankie aan Sussie wat ons so vriendelik ontvang het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
1 nag Gesin met klein kinders
4.4
Jan 2026

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Anita F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
2.8
Mrt 2026

Die beddens is baie gerieflik en skoon. Op die webtuiste se advertensie wys dit dat daar 'n swembad en DSTV is. Daar is nie een van die twee nie. My seun en sy gesin het saam met ons daar gebly, en ons het die bespreking gemaak op grond van dit wat veronderstel was om daar te wees. Die stort in die en-suite badkamer se lig het nie gewerk nie, en die water loop so swak dat jy sukkel om nat te word onder die stort. Die lugreëling in die een kamer werk net vir 'n rukkie, gee dan 'n foutboodskap en hou op werk. Die huis is afgekamp in 'n area en daar is geen springbokke soos wat op die advertensie vertoon word nie. Die area waar jy kan beweeg op die "plaas" is baie beperk.

Netheid
5.0
Diens
2.0
Ligging
2.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
3.0
Marise
Leeuwfontein Guest Farmhouse
Geagte Anita, Baie dankie vir u terugvoer op LekkeSlaap. Dit spyt my opreg om te hoor dat u verblyf nie aan u verwagtinge voldoen het nie. Ek sou dit waardeer het indien u die kwessies rakende die lugversorging en kraan direk met my gedeel het tydens u verblyf, aangesien dit my die geleentheid sou gee om dit onmiddellik aan te spreek. Gaste wat ná u gebly het, het dit wel onder my aandag gebring, en die nodige herstelwerk is reeds gedoen. Met betrekking tot die gebruik van die terrein, wil ek net noem dat gaste welkom is om vrylik op die eiendom te beweeg, te stap en te piekniek. Dit was geensins die bedoeling dat u sou voel dat u tot die gastehuis-area beperk is nie. Die springbokke is oorkant die gastehuis geleë, en gaste is welkom om dit te besoek. Ek sou u met graagte hieroor ingelig het indien dit onder my aandag gebring is. Rakende die swembad, het ek die situasie tydens u verblyf aan u verduidelik. Daar is ook ’n Televisie met basiese kanale beskikbaar — indien dit nie na behore gefunksioneer het nie, sou ek dit graag wou aanspreek het indien ek daarvan bewus was. U terugvoer is vir my belangrik, en hoewel dit selde voorkom dat gaste ’n negatiewe ervaring rapporteer, neem ek dit ernstig op en gebruik dit om my diens verder te verbeter. Ek is opreg jammer dat u verblyf nie aangenaam was nie, en hoop dat u ons in die toekoms weer ’n geleentheid sal gee om u beter te bedien. Vriendelike groete

Petronel F
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Mrt 2024

Pragtige Karoo-plaashuis met rustige atmosfeer. Ons het heerlik in die groot ou plaashuis gebly. Alles wat mens nodig het is daar, van snoesige beddegoed en handdoeke tot kombuisware en braaigeriewe. Ons gasvrou het ook uit haar pad gegaan om te help toe ons vasgebrand het. Werklik 'n baie lekker, rustige plek en 'n positiewe ervaring.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Brendon S
1 nag Gesin met klein kinders
4.2
Des 2024

Rus en vrede. Dit was baie lekker stil en netjies.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Heinrich S
Kort verblyf
5.0
Des 2023

Wonderlike Karoo-vergesigte vanaf die braai- en kuierarea; genoeg braaihout. Die plaashuis op Leeuwfontein is baie ruim en goed toegerus.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Rob F
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Tranquil and peaceful! Amazing. Kids had a blast and the host is very friendly. Always stay here if we can!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karen C
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Apr 2023

Baie lekker ruim gastehuis. Ons is baie vriendelik ontvang en gasheer het ons regtig baie tuis laat voel. Het baie lekker gekuier en heerlik geslaap na Two Oceans-marathon en lang pad.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Marise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 37

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf
R4 350
per nag, vir 15 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R4 350
per nag, vir 15 mense
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R4 350
per nag, vir 15 mense
Bespreek

Leeuwfontein Estate, Victoria West, 7070, Noord-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 16 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 12:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA10f29066548b05a48b7a5f6923a5431003a0be84460c71425c0118b155ecda4d6fb2dee2020b8f7ca3c39cc9e90e44f806c4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 350 per nag, vir 15 mense 37 5 1 5 Leeuwfontein Estate Victoria West 7070 Noord-Kaap 021 201 8901 12:00-21:00 10:00 -31.470026243724 23.013309138639
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang