Luxury City Apartment At The Rubik
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Loop Street, The Rubik, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
- Vanaf R1 650 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Luxury City Apartment At The Rubik is 'n lieflike selfsorgwoonstel in 'n veilige gebou, reg in die hartjie van Kaapstad se middestad. Dit is ideaal vir sakereisigers en vakansiegangers wat op soek is na verblyf te midde van die gewoel van hierdie gewilde stad.
Hierdie woonstel bied slaapplek vir tot 2 gaste in 1 slaapkamer met 'n en suite-badkamer. Die slaapkamer is gemeubileer met 'n koningingrootte-bed en die badkamer is toegerus met 'n stort, wasbak en toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei en breekware, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n etenstafel. 'n Wasmasjien is beskikbaar vir ekstra gerief. Die leefarea is gemeubileer met gemaklike sitplek en 'n TV. Toegang tot WiFi is beskikbaar.
Gaste kan ongerepte uitsigte oor die omgewing vanaf die privaat balkon geniet, en op die dakterras is daar 'n gemeenskaplike swembad en braai-area. Veilige onderdakparkering is op die perseel beskikbaar. Plaaslike geriewe soos winkels en restaurante is naby. Besienswaardighede in die omgewing sluit in die Tafelberg-kabelkar, die Leeukop-staproete, die Kasteel van Goeie Hoop, die V & A Waterfront en die DHL-stadion.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Keanu Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 6
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- 17 Loop Street, The Rubik, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: 17 Loop Street, The Rubik, Cape Town, 8000, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang