Menlyn Family Apartment

Selfsorg

Resensies

3.1/ 5

Gebaseer op 3 resensies


Netheid
3.7
Ligging
3.0
Waarde vir geld
3.0
Diens
2.3
Veiligheid
3.7
Lelani Z
1 nag Gesin met klein kinders
1.0
Nov 2025

0 uit 10! Hou verby! Spaar jou geld en gemoedstoestand. Glad nie. Ek het ’n jaar gelede die bespreking gemaak en ten volle betaal vir ’n drieslaapkamer-gesinseenheid soos geadverteer. ’n Maand voor die bespreking is ek meegedeel dat die oorspronklike eenheid glo ’n probleem het en dat ’n laer standaard eenheid aangebied word. Ek het teensinnig die nuwe eenheid aanvaar, aangesien ons nie ’n maand voor die Afrikaans is Groot-konsert alternatiewe verblyf binne stapafstand sou kry nie. Die gasvrou het egter onderneem dat, indien ek die nuwe eenheid aanvaar, daar geen verdere probleme met betrekking tot ons bespreking sou wees nie. Die middag voor aankoms is ek egter ingelig dat selfs hierdie vervangende eenheid nie beskikbaar is nie, en dat twee aparte eenhede die enigste opsie sou wees. Daar is belowe dat die eenhede langs mekaar sou wees en steeds as ’n tipe gesinseénheid sou kon funksioneer (ons was 2 volwassenes en 3 kinders). Op die dag van aankoms, na verdere frustrasie en onsekerheid by ontvangs met betrekking tot ons bespreking, is ek meegedeel dat die eenhede op verskillende vloere aan teenoorgestelde kante van die gebou was. Die webtuiste was glo hiervan ingelig, maar ek het geen kommunikasie van hulle kantoor ontvang nie. Weereens moes ek onder dwang hierdie eenhede aanvaar, aangesien dit kort voor die vertoning was en ons as gevolg van die probleme by ontvangs reeds laat was vir ’n ete-afspraak voor die vertoning. Beide eenhede was egter ook substandaard en onhigiënies. Eenheid 802 het waterskade teen die mure; die eenheid was nie skoongemaak nie, aangesien daar nog koskrummels van die vorige gaste op die mat was. Daar was toiletware en rommel van die vorige gaste in die een badkamer, en vlekke in die toilet in die ander badkamer. Ek vermoed die linne was nie geruil nie, en daar was nie handseep of toiletpapier nie. Die yskas het ’n onaangename reuk gehad, die stoepvloer was vuil, en daar was voëlmis op die werksoppervlak van die stoep. Eenheid 1035 was in ’n beter toestand, alhoewel dit ook nie behoorlik skoon was nie, met stof oral en kos van die vorige gaste in die yskas. Die skuifdeur van die een kamer kon nie sluit nie, wat ’n duidelike veiligheidsrisiko is. Dit is ’n frustrasie dat die terugvoeringsproses my forseer om ten minste een ster in elk van die kategorieë te kies. As ek kon, sou ek geen sterre gegee het nie. Dit was die slegste ervaring wat ek nog ooit met verblyf gehad het. Daar was terugvoer oor swak diens van ’n vorige gas, en ek wens ek het meer aandag daaraan gegee. Ek hoop hierdie terugvoer help toekomstige gaste.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
1.0

Elize H
1 nag
5.0
Jul 2023

Goed geleë, naby Time Square. Woonstel is ruim, skoon en modern. Ek en my man het daar gebly saam met ons 2 volwasse dogters en skoonseun. Die beddens was baie gemaklik en die kamers lekker groot. Jammer ons was net daar vir een aand, sou graag langer wou bly. Sal beslis terug gaan en weer dieselfde woonstel bespreek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Danel H
1 nag
3.4
Nov 2022

Swakste kliëntediens. Die plek is stunning, maar die kliëntediens was uiters swak en net vir daardie rede sal ek hulle nie weer besoek nie.

Netheid
5.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4/5

Lyle Geverifieer

Eiendomme 14

Resensies 132

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
R 5 400
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 5 400
per nag (plek vir 6)
Vanaf
R 5 400
per nag (plek vir 6)
Bespreek
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 202 Amarand Avenue, Waterkloof Glen, Pretoria, 0010, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb443c8f4fc2fefaa3631539a8cebe9e9fc3cdca2f30f76ae57618b8e50778ec91099c42109101c66fb6c05e43f2a7f5ae5bd?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R5 400 per nag (plek vir 6) 3 5 1 4 202 Amarand Avenue Waterkloof Glen 0010 Gauteng 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -25.7857869 28.282758

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang