- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 618 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maude-straat 8, Sentraal Sandton, 2146, Gauteng
- Vanaf R4 788 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Dié hotel bied luukse, gemak en styl waaraan oordeelkundige reisigers van regoor die wêreld reeds gewoond is. Die gebou toring 143 m bo die Sandton-stadsprofiel uit. Die hotel bied dus panoramiese uitsigte van die Magaliesberge, Johannesburg se sakekern en die Sandton stedelike landskap ver onder jou.
Die hotel bied slegs suites aan, hetsy vir kort- en langtermynverblyf. Van die ongeëwenaarde luukse 600 m²-Cupola Suite tot die Presidensiële- en Executive-suites (met een of twee slaapkamers). Elkeen van die Tower se suites is die toonbeeld van styl en funksionaliteit met slim gebruik van spasie wat gaste toelaat om groot, oopplan-leefareas met plasmaskerm-TV's te geniet. Daar is ook volledig toegeruste kombuise en warm, aanloklike slaapkamers. Individuele lugversorging en WiFi vervolmaak die luukse leefstyl.
Ons spog met 'n eksklusiewe gesondheid-spa, privaat gimnasium asook binne- en buitelugswembaddens. Die Cupola Suite bied gaste 'n privaat sakekamer met 12 sitplekke. Dit is ingerig met eksklusiewe vermaak- en voorlegging-stelsels vir hoë-standaard vergaderings. Ekstra konferensie- en dinee-geriewe is beskikbaar by die Michelangelo Hotel. Dit is langsaan die Michelangelo Towers. Veilige, onderdakparkeerplek is ook beskikbaar.
Gaste het 'n oorvloed van inkopie- en restaurant-keuses want die Michelangelo Towers Mall is direk langsaan en daar is ook die nabye Sandton City en Nelson Mandela Square. Die Towers, wat direk skakel aan die Sandton Convention Centre sorg vir al gaste se behoeftes.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Nagportier
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gimnasium
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- 24-uur Kamerbediening
- Kamerbediening
- Alle Etes Ingesluit
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
- Forex
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 52
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Maude-straat 8, Sentraal Sandton, 2146, Gauteng
- Gaste dink Michelangelo Towers het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Sandton Johannesburg Gauteng
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 618 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Maude-straat 8, Sentraal Sandton, 2146, Gauteng