Moholoholo Ya Mati
- Kapasiteit: 98 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R531, Hoedspruit, 1370, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R615 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Moholoholo Ya Mati is op die oewer van die Blyderivier geleë, weggesteek tussen welige jakkalsbessie-bome en omring deur pragtig-onderhoude grasperke. Met die wêreldbekende Moholoholo Wildlife Rehabilitation naby en die Krugerwildtuin se Orpen-hek net 70 km weg, is Ya Mati die perfekte ligging om die pragtige Laeveld van Suid-Afrika te verken.
Moholoholo Ya Mati bied verblyf in 5 luukse selfsorg-chalets, ideaal vir 'n wegbreek vir 'n gesin. Vir diegene wat kamp verkies, is daar 11 kampeerplekke met water- en elektrisiteitspunte en ingeboude braaigeriewe. Maaltye kan op versoek voorberei word en by jou chalet bedien word. Kontak ons asb. vir meer inligting en die spyskaarte.
Ya Mati bied 'n restaurant en teetuin met 'n speelarea vir die kinders, alles op die oewer van die Blyderivier geleë en met die Drakensberge as agtergrond. Gratis WiFi is in die restaurant beskikbaar.
Ya Mati is die ideale plek vir daardie spesiale troue of funksie. Daar is 'n unieke klip- en grasdak-kapel en ruim funksie-geriewe langs die rivier.
'n Uitstappie na die gewilde Moholoholo Wildlife Rehabilitation-sentrum word hoogs aanbeveel. Die sentrum huisves baie van Suid-Afrika se weggegooide, beseerde en vergiftigde wildspesies. Die Moholoholo-span is baie toegewyde natuurbewaarders wat Afrika se wild wil bewaar en is ook uiters passievol daaroor is om hul kennis te deel.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Restaurant op Perseel
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Marisa Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 47
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- Langs die R531, Hoedspruit, 1370, Limpopo
- Gaste dink Moholoholo Ya Mati het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Kruger tot Canyons Limpopo
- Kapasiteit: 98 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R531, Hoedspruit, 1370, Limpopo
- Alle ouderdomme is welkom