Mountain Glimpse
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Labruscastraat 19, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Vanaf R800 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Mountain Glimpse is aan die voet van die Paarlberg geleë en bied gerieflik gemeubileerde selfsorgverblyf vir 2 mense, en is ideaal vir sakereisigers of paartjies.
Die woonstel beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en eetarea en 'n sitkamer. Die lugversorgde slaapkamer is ingerig met 'n koningingrootte-bed en het 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n toilet. Gerieflikheidshalwe word linne en badhanddoeke voorsien.
Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n tweeplaatstoof en oond, 'n mikrogolfoond, 'n yskas, asook tee- en koffiemaakgeriewe, en etes kan by die etenstafel geniet word. Koffie, melk, suiker en beskuit word voorsien.
Gaste kan ontspan in die sitkamer wat toegerus is met 'n TV met Netflix en Showmax, en WiFi is beskikbaar. 'n Lessenaar is ook beskikbaar vir reisigers wat werk moet doen.
Die woonstel beskik oor verskeie basiese beurtkrag-vriendelike geriewe, insluitend 'n gasstoof, ketel, herlaaibare ligte en WiFi met 'n UPS. 'n Klein en stil kragopwekker is ook op die perseel beskikbaar en kan in spitstye krag voorsien vir 'n lamp en die TV.
Die woonstel maak oop op 'n privaat stoep met braaigeriewe en kyk uit oor die tuin. Onderdakparkeerplek word voorsien.
Mountain Glimpse is binne 500 m vanaf 'n plaaslike restaurant en verskeie winkels geleë. Paarl bied gaste 'n wye verskeidenheid restaurante, wynlandgoedere en plase, en verskeie doendinge soos voetslaan, lugballonvaarte. Gaste kan ook polo kyk of speel by Val de Vie, of die gewilde Taalmonument besoek.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Juanri Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 3 jaar
Ligging
- Labruscastraat 19, Paarl, 7646, Wes-Kaap
- Gaste dink Mountain Glimpse het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 2 mense
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Labruscastraat 19, Paarl, 7646, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang