4 gaste
1 slaapkamer
2 beds
1 badkamer
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - 1293 Vogelsanck street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Olive Branch is 'n bekoorlike en knus woonstel met 'n privaat ingang in 'n veilige gholflandgoed in Langebaan. Dit bied gerieflike selfsorgverblyf aan 4 gaste en is ideaal vir 'n klein gesin of groep vriende.
Die woonstel beskik oor 'n slaapkamer met 'n dubbelbed en 'n badkamer met 'n stort, bad, toilet en 'n wasbak. Daar is ook slaapplek vir twee gaste op die dubbelslaapbank in die leefarea. Linne, badhanddoeke en basiese benodigdhede word voorsien.
Die oopplan-kombuisie is met 'n tweeplaatgasstoof, yskassie, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Die ruim leefarea het 'n TV met Netflix en die volle DStv-pakket, gemaklike sitplek en 'n glasskuifdeur wat na die tuin lei.
Gratis WiFi, veilige parkeerplek, privaat ingang na die woonstel, asook 'n tuin met gasbraaigeriewe en buitesitplek met sambreel. 'n Strykyster, strykplank en 'n haardroër is ook beskikbaar. Die WiFi en die TV bly tydens kragonderbrekings aan. Die bedliggies het herlaaibare gloeilampe en daar is ook draagbare noodligte beskikbaar.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Petro Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 60
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 1293 Vogelsanck street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
- Gaste dink Olive Branch het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
1293 Vogelsanck street, Langebaan, 7357, Wes-Kaap
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang