6 gaste
3 slaapkamers
4 beddens
2 badkamers
- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Vingerpol Paadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo Sien kaart
Beskrywing
Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort is in Leeupoort Vakansiedorp met 'n matige tot warm klimaat regdeur die jaar en is die ideale verblyf vir gesinne of groepe wat hou van wild en die bosveld - dis voorwaar 'n Bosveldjuweel!
Dié moderne vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en daar is slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer. Die tweede badkamer het 'n bad, stort en 'n toilet. Daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer en 'n dubbelbed in die derde slaapkamer.
Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas, diepvrieskas, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Gaste kan maaltye aan die etenstafel geniet of voor die TV in die sitarea ontspan. Die TV het 'n OVHD-dekodeerder en nie DStv nie. Die eenheid het 2 leefareas. Daar is ook 'n heerlike onderdakvuurput vir braai en kuier. Die huis het lugversorging waarvoor gaste moet betaal, asook plafonwaaiers en daar is 'n plonspoel waarin gaste kan afkoel.
'n Restaurant, winkel, drankwinkel en 3 swembaddens is beskikbaar op die perseel. Leeupoort Vakansiedorp het heelwat uitkykpunte op die Waterberg, en daar is stap-, fietsry- en 4x4-roetes, asook piekniekplekke en swembaddens. Besoekers het vrye toegang tot die natuurreservaat wat ons ons eie "Krugerwildtuin" noem. Die reservaat huisves 50 soorte soogdiere, 170 soorte voëls en 114 boomspesies. Die wild loop in die strate rond en wei tussen die huise. Gaste moet hul oë oophou vir die vlakvarke, sebras, kameelperde, koedoes, blouwildebeeste en ander wild.
Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort is op die R516 en is 172 km vanaf Pretoria, 90 km vanaf Brits, 72 km vanaf Bela-Bela (Warmbad) en 50 km vanaf Thabazimbi in Limpopo geleë.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koningingrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
2 x Kinderbank vir 1
Slaapkamer
1 x Dubbelbed
Badkamer
Bad, Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.4/5
Suzette Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 45
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Vingerpol Paadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
- Gaste dink Ons Wegkruip Plekkie het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Vingerpol Paadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
Sien kaart- Slaapplek vir 6 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Teken in om by gunstelinge te voeg Teken in om gunstelinge te sien Teken in om besprekings te sien Teken in om Rewards te sien Teken in om profiel te sien Teken in om eiendomme te sien Welkom terug!
Gasteprofiel bestaan reeds
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken in of registreer om eiendomme by jou gunstelinge te voeg Teken in of registreer om toegang tot jou gestoorde eiendomme te kry Teken in of registreer om toegang tot jou besprekingsgeskiedenis te kry Teken in of registreer om toegang tot jou LekkeSlaap Rewards te kry Teken in of registreer om toegang tot jou profielbesonderhede te kry Teken in of registreer om toegang tot jou eiendomme te kry Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang