LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort | LekkeSlaap
+127

Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort

8 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vingerpolpaadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort is in Leeupoort Vakansiedorp en is die ideale verblyf vir gesinne of groepe wat hou van wild en die bosveld, voorwaar 'n Bosveldjuweel!

Ons is op die R516 en is 172 km vanaf Pretoria, 90 km vanaf Brits, 72 km vanaf Bela-Bela (Warmbad) en 50 km vanaf Thabazimbi in Limpopo gelee.

Dié moderne vakansiehuis beskik oor 3 slaapkamers en daar is slaapplek vir 6 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, daar is 2 enkelbeddens in die tweede slaapkamer en 2 enkelbeddens in die derde slaapkamer. Daar is 2 leefareas. Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer en die ander 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n stort. Beddegoed word voorsien maar gaste moet asb. hul eie handdoeke en kombuishanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is toegerus vir selfsorg met 'n gasstoof, oond, yskas, diepvrieskas, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Gaste kan maaltye aan die etenstafel geniet of voor die TV en DVD-speler in die woonkamer ontspan. 'n OVHD-dekodeerder is ook beskikbaar (geen DStv). Daar is ook 'n heerlike vuurput vir braai en kuier. Die huis is het plafonwaaiers. Troeteldiere en vierwielmotorfietse word ongelukkig nie toegelaat nie, volgens die natuurreservaat se reëls. Die perseel word op eie risiko gebruik. Die huis is ongelukkig nie rolstoelvriendelik nie. Die Jacuzzi sal binnekort met 'n plonspoel vervang word.

'n Restaurant, winkel, drankwinkel en 3 swembaddens is beskikbaar op die perseel. Leeupoort Vakansiedorp het heelwat uitkykpunte oor die Waterberg, en daar is stap-, fietsry- en 4x4-roetes, asook piekniekplekke en swembaddens. Besoekers het vrye toegang tot die natuurreservaat wat ons ons eie "Krugerwildtuin" noem. Die reservaat huisves 50 soorte soogdiere, 170 soorte voëls en 114 boomspesies. Die wild loop in die strate rond en wei tussen die huise. Hou jou oë oop vir die vlakvarke, sebras, kameelperde, koedoes, blouwildebeeste en ander wild! Visvang word nie toegelaat nie en die diere loop vrylik tussen die huise rond.

Die klimaat is gematig tot warm regdeur die jaar. Rook is streng verbode. Al is daar 'n bietjie stof hier en daar, word die eenheid voor gaste se verblyf skoongemaak. Dit is maar die bosveld-omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Jacuzzi
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Kroeg
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Skoonheidskliniek
  • Spa-behandelinge
  • Swembad
  • Jacuzzi
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 8 resensies vir Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort
Netheid
4.8/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Vingerpolpaadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Gaste dink Ons Wegkruip Plekkie @ Leeupoort het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R700
per nag (plek vir 6)
Vanaf R700
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vingerpolpaadjie, Leeupoort Vakansiedorp, 0486, Limpopo
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAODRobrA2n2Gcrth9vy0oPiSdpNCPPoswFXJnxHHu1ZoniNdnR0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R700  per nag (plek vir 6) 8 5 1 5 Vingerpol Paadjie Leeupoort Vakansiedorp 0486 Limpopo 086 999 0018 14:00-22:00 10:00 -24.921429 27.643958
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!