Oppi-Plaas Accomodation
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brakfontein-plaas, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap
- Vanaf R2 100 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Oppi-Plaas bied gemaklike verblyf op 'n plaas vir gesinne of paartjies. Ons is slegs 5 km vanaf die R58 tussen Aliwal Noord en Lady Grey (40 km vanaf Aliwal Noord en 22 km vanaf Lady Grey) geleë. Kom geniet saam met ons die vreedsame atmosfeer van dié Oos-Kaapse plaas. Word deel van die daaglikse bedrywighede van 'n werkende plaas soos om skape en melkbeeste te versorg. Skop jou skoene uit en geniet die rus en vrede van die natuur, of ontspan op die stoep en kyk na die sonsondergange oor Lady Grey se berge.
Die huis is volledig toegerus vir selfsorg en 6 tot 8 mense kan gemaklik daar slaap. Kinders onder 2 jaar oud bly gratis. Die hoofslaapkamer het 1 dubbelbed en 'n bababedjie. Die tweede en derde kamers het 2 enkelbeddens en kaste vir persoonlike items. Winterlinne en elektriese komberse word voorsien vir al die beddens. Die kamers het ook verwarmerpanele end aar is 'n kaggel in die sitkamer. Daar is 1 badkamer wat beskik oor 'n stort-oor-bad, wasbak en toilet.'n Tweede badkamer het 'n stort, wasbak en toilet.
Die volledige kombuis is toegerus met 'n stoof, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, yskas-vrieskas, glase en breekware. Die woonkamer het meer as genoeg spasie om saam met jou familie te ontspan en gemaklik te sit en lees. Die stoep het 4 kampstoele waar jy kan sit en die landskap geniet. Jy kan ook gebruik maak van die beskutte braai-area (braaikamer) en heerlik hier sit en eet.
Daar is 'n onderdakparkeerplek en die perseel word beskerm deur 'n alarm vir jou gemoedsrus. Daar is ook elektrisiteit en selfoon-ontvangs. Die grondpad na die plaas kan bereik word met 'n motor. Ongelukkig word troeteldiere nie toegelaat nie.
Die swembad is in die tuin langs die hoofhuis, waar die eienaar bly, sowat 120 m van die gastehuis af en is slegs op versoek beskikbaar. Die eienaar aanvaar geen verantwoordelikheid wanneer gaste die swembad gebruik nie. Geen kinders word toegelaat tensy vergesel deur 'n ouer of volwassene nie.
Natuurliefhebbers is welkom om te gaan stap, voëlkyk of bergfietsry op die plaas. Gaste kan ook visvang in ons damme (klein boot). Kinders van alle ouderdomme is welkom om hul eie fietse saam te bring vir 'n prettige rit op die plaas. Ons voorsien ook 'n klein swembadjie vir peuters in die tuin voor die huis. Jou gashere, David en Estha, sal probeer om jou verblyf by Oppi-Plaas absoluut onvergeetlik te maak.
Albei dorpies, Aliwal Noord en Lady Grey, het genoeg inkopiesentrums vir al jou kruideniersware en ander behoeftes. Lady Grey is bekend vir die Lady Grey Passion Play gedurende Paasfees elke jaar, die Royal Mcnab in Julie en die Sky Run in November. Ons doen nie spyseniering nie, maar braaipakke (insluitend 2 slaaie) asook ligter etes (lasagne) kan vooraf bestel word teen 'n addisionele koste.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Geen Rook Binnenshuis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- Stort
Eenheidgeriewe
- Elektriese kombers
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Estha Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 8
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Brakfontein-plaas, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap
- Gaste dink Oppi-Plaas Accomodation het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Brakfontein-plaas, Lady Grey, 9755, Oos-Kaap