+22

Picollo Bocca Villa

  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 44 Luckhoff Street, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 600 per nag (plek vir 9)

Beskrywing

Picollo Bocca Villa is op die skilderagtige Kaapse Walviskusroete in die dorpie Kleinmond, net 'n uur se ry van Kaapstad af, en bied ruim verblyf met daardie tuiste weg van huis-gevoel.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-leefarea, 'n volledig toegeruste kombuis en 'n Bali-styl eetkamer, met slaapplek vir 9 gaste.

Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort en 'n bad. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die derde slaapkamer het 3 enkelbeddens. Gaste in hierdie kamers deel 'n badkamer met 'n stort en 'n bad. Nog 2 gaste kan op 2 enkelbeddens in 'n oopplan-area geakkommodeer word.

Daar is ook 'n waskamer met 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër. Geriewe sluit 'n kluis, TV's met die volle DStv-pakket, veselinternet, 'n DVD-speler asook 'n skottelgoedwasser, ysmasjien en kaggel in. Handdoeke word voorsien.

Buite is daar 'n omheinde tuin waarin kinders en volwassenes kan ontspan, asook 'n groot stoep met 'n ingeboude braai op die boonste verdieping wat 'n see-uitsig het. Troeteldiere word toegelaat maar nie binne die huis nie. Absoluut alles, insluitend 'n sekuriteitsalarm, word voorsien.

Aktiwiteite in die omgewing sluit 'n verskeidenheid bekende wynroetes, haaihokduik, pikkewynkyk, perdry, duik, walviskyk, staproetes en panoramiese see- en landskapuitsigte oor Kleinmond en die Atlantiese Oseaan in.

Kamer-opset

3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Bad, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer

3

3 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Kaggel
Braai

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 40 resensies

Baie goed

Netheid
4.4
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.4
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.3/5

Herman Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 40

Op LekkeSlaap 12 jaar

Ligging

  • 44 Luckhoff Street, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
  • Gaste dink Picollo Bocca Villa het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 2 600
per nag (plek vir 9)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 2 600
per nag (plek vir 9)
Vanaf
R 2 600
per nag (plek vir 9)
Bespreek
  • Kapasiteit: 9 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 44 Luckhoff Street, Kleinmond, 7195, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb5fa815e80662d2c33afad67ead7a1b2eacc2b3a7f165d24fe8cfbba41dfa063fde7e095f877e35159823818fbd4d58b89f7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 600 per nag (plek vir 9) 40 5 1 5 44 Luckhoff Street Kleinmond 7195 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.343566731066 19.008431732654
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang