- Slaapplek vir 102 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 - Soos Gesien op Facebook
- 5 Baron Van Reede Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap Sien kaart
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Die Queen's Hotel by BON Hotels in Oudtshoorn bied 'n ontspannende wegbreek in koloniale-styl verblyf en diens wat aan 'n vervloë era herinner.
Die pragtige hotel wat in 1880 gebou is, is uitstekend opgeknap en bied gaste 'n keuse tussen kamers wat elkeen 2 tot 6 gaste kan akkommodeer. Die lieflike kamers het gemaklike beddens en en suite-badkamers met 'n storte, baddens, of 'n kombinasie, en toilette. Toiletware en luukse linne word voorsien.
Elke kamer het lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale, WiFi, 'n radiowekker, telefoon, kluis, lessenaar en koffie- en teemaakgeriewe. Twee van die kamers, die Queen’s Residence en die King’s Residence, is vir selfsorg toegerus en het hulle eie ingange. Ontbyt is nie vir gaste in die Residence ingesluit nie.
Ontbyt word in die ontbytkamer tussen 07:30 en 10:00 bedien en saans kan gaste 'n smullekker aandete in die hotel se pragtige Colony Restaurant geniet. Konferensiegeriewe met sitplek vir 2 tot 120 persone is ook beskikbaar.
Gaste kan in die gemeenskaplike sitkamer of lieflike tuin ontspan, of in die swembad afkoel. Die hotel het sekuriteit en meer as genoeg parkeerplek.
Die Queen's Hotel by BON Hotels is stapafstand vanaf 'n rits restaurante en winkels, sowel as die C.P. Nel Museum. Oudtshoorn bied 'n verskeidenheid besienswaardighede, soos die Cango Volstruisplaas, die wêreldbekende Kangogrotte en die C.J. Langenhoven museum. Doendinge in die area sluit voetslaan, stap, bergfietsry, 4x4-roetes, voëlkyk en wynproe in.
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.5/5
Chantelle Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 92
Op LekkeSlaap 13 jaar
Ligging
- 5 Baron Van Reede Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
- Gaste dink Queen’s Hotel by BON Hotels het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
5 Baron Van Reede Street, Oudtshoorn, 6625, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 102 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Soos Gesien op Facebook
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 11:00 -
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang