+23

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Baie goed

Netheid
3.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Bianca S
Kort verblyf Saam met vriende
4.4
Apr 2026

Lekker maar daar kort beslis aandag aan die huis/diens. Die ligging van die huis is perfek. Dis nie te ver van die see af nie, en die uitsig is mooi. Dis ook baie stil in die area, selfs oor ’n langnaweek. Die beddens is baie gemaklik, en dit is ’n groot pluspunt omdat mens regtig ordentlike slaap nodig het. Al wat ek wel voorstel, is ’n beter tweede stel kussings. Daar is twee kussings per persoon, maar die boonste kussing is meer soos ’n sierkussing met ’n baie harde oortreksel—beslis nie een om op te slaap nie. Daar is nie warm komberse nie, net throws wat nie baie hitte gee nie. Die huis het ’n slim TV wat lekker is omdat jy op alles kan inteken. ’n Vreemde ding is dat daar nêrens WiFi-besonderhede genoem word nie, al wys die listing op die webtuiste dat daar WiFi is. Ons moes die agent kontak om die besonderhede te kry. Dit sal goed wees as dit ook op die yskas gesit word saam met die res van die inligting. Die binnebraai is lekker en in ’n goeie sentrale posisie, naby die kombuis en tussen die eetkamer en sitkamer. Daar is ’n kole-tang, maar geen ekstra tang vir vleis nie—wie gebruik net een tang vir beide kole en vleis? Ons moes ’n ekstra tang gaan koop. Die proppe is bietjie vreemd. Die airfryer wou nie aanskakel nie. Toe gebruik ons ’n ander prop, maar dit het steeds nie gewerk nie. Toe prop ons dit in die oond se kragpunt, en toe werk die airfryer—vreemd. Die oorspronklike prop werk glad nie. Die ligskakelaars, of dalk die ligte self, is baie vreemd. In die middel van die nag het verskillende ligte vanself aangeskakel en weer afgeskakel. Die kinders se kamerlig het 07:00 die oggend aangeskakel en hulle wakker gemaak. Die drie hangligte bo die eetkamer het twee oggende omstreeks 04:00 aangeskakel en later weer afgeskakel. ’n Ander aand het dit net ná middernag aangeskakel en later weer afgeskakel. Of dit spook of iets fout is met die bedrading, is baie onseker. Die warm water is beslis ’n groot pluspunt. Selfs met amper ’n vol huis het niemand ooit koue water gehad nie. Wat netheid betref: die onderste badkamer se stort was geblok—ons moes die bakkie uithaal (dit was vol hare) sodat die water kon dreineer, anders het die hele badkamer oorstroom. Dit moet gereeld nagegaan word. Die meeste borde, messe en vurke was vuil, wat wys dat dit nie behoorlik nagegaan word nie. Jy kan nie aanvaar vorige gaste het dit reg gewas nie, veral nie as ’n R800 skoonmaakfooi gevra word nie. Dit het gelyk of die plek lank leeg gestaan het, want die buite-area het so baie sand gehad dat jy amper ’n huis kon bou daarmee. Dit het soos ’n sandput op die stoep gelyk. Ons moes omtrent ’n halfuur vee en swaar buitetafel skuif om alles skoon te kry, asook spinnerakke verwyder. Weereens—waarvoor word die R800 skoonmaakfooi gehef as die plek nie skoon is nie? Die kombuis is meestal goed toegerus, maar daar was geen ekstra toiletpapier in die kaste nie—ons moes self gaan koop. Die kaste kan ook netjieser wees; party het oop kositems soos suiker en rys wat rondstaan. Die gordyne is ’n groot probleem. Hulle is heeltemal deurskynend en te klein. Geen gordyne maak die vensters behoorlik toe nie, en hulle hang nie reg nie. Jy word basies saam met die son wakker. In die kamers is dit veral ’n probleem. Die kinders se kamer, kombuis en voorste venster het blindings, maar verder niks. Beide groot kamers het net makeshift gordyne wat duidelik vinnig opgehang is. Die hoofslaapkamer het ook nie ’n deur tussen die kamer en badkamer nie, so mens moet versigtig wees, anders kan iemand jou sien—nie dat dit vir almal ’n probleem is nie, maar nie almal is gemaklik daarmee nie. Eerlik, ek dink die huis is nog nie heeltemal klaar nie. Dit lyk of dit afgewerk word soos geld beskikbaar raak—soos nie al die vensters blindings het nie, gordyne wat vinnig aangemekaargeslaan is, geen ingeboude kaste in sommige kamers nie, een badkamerkas se handvatsel wat nog binne die laai lê, en geen bedkassies of bedlampies nie. ’n Laaste nota vir ouer mense: die trappe het nie nie-glip teëls nie, so wees versigtig—bring dalk ’n nie-slip matjie saam.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Stefan
Rasper Laan
Goeie middag Bianca Baie dankie vir die positiewe terugvoer. Die eienaar sal aandag gee aan die kussings, komberse, bedkassies en bedlampies. Hy het alreeds nuwe gordyne gekoop vir die vensters. Die agente het die WiFi besonderhede op die yskas geplak. Die kragpunte in die kombuis het 'n veiligheidskakelaar wat aangeskakel moet word. Ons sal die elektrisiën laat uitkom om te kyk na die ligte. Ons sal die skoonmakers aanspreek oor die badkamer traps wat skoongemaak moet word en die messe en vurke na te gaan. Die wind het baie erg gewaai voor julle aankoms en ongelukkig het die sand weer opgehoop na dit opgevee is. Ons is baie jammer daaroor. Baie dankie Bianca dat jy die tyd geneem het om vir ons die resensie te tik en ons sal beslis aan al die punte aandag gee.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.5/5

Stefan Geverifieer

Eiendomme 32

Resensies 150

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
R 3 250
per nag (plek vir 7)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 250
per nag (plek vir 7)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 3 250
per nag (plek vir 7)
Bespreek

58 Rasper Laan, Suiderstrand, 7285, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 7 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc0cfb0c7303e7ccdbee57173f8fa055f98e693715df160f2e5158bd27b8f0de9f870714cc5eea4e6bc7626508f1f056bc3a6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 250 per nag (plek vir 7) 1 5 1 5 58 Rasper Laan Suiderstrand 7285 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.817556538771 19.960805714724
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang