8 gaste
3 slaapkamers
7 beds
2 badkamers
- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Farm Rebellie, Off R712, Clarens, 9707, Vrystaat Sien kaart
Beskrywing
Rebellie Gaste Plaas is sowat 14 km vanaf Clarens in die Vrystaat en bied 'n onvergeetlike wegbreek in die berge.
Mooihoek verskaf slaapplek aan 8 gaste in 2 slaapkamers en 'n tussenvloer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die tussenvloer word deur ingeboude kaste verdeel en daar is 2 enkelbeddens aan elke kant. Die eenheid het 2 badkamers met 'n bad en stort. Beddegoed word voorsien, maar gaste moet hul eie handdoeke bring.
Die ruim eenheid se kombuis is vir selfsorg toegerus en het 'n stoof, oond en yskas. Verder is daar 'n sitkamer met 'n kaggel en 'n patio met braaigeriewe. Mooihoek is troeteldiervriendelik, maar hou asb. kleiner honde aan 'n leiband.
Ons gasteplaas het nie heinings nie. Dus wei wilde diere soos blouwildebeeste, elande, sebras en blesbokke vrylik hier rond. Bring jou kamera, verkyker of selfs verf saam - enigiets waarmee jy die natuurtonele kan vasvang!
Rebellie Gaste Plaas bied verskeie doendinge op die perseel: Gaste kan die berg uitklim om die lieflike uitsigte oor Lesotho en Clarens te aanskou, 'n bietjie gaan rondry op ons 4x4-roetes (moeilikheidsgraad 3 tot 5), of die plaas met bergfietse gaan verken. Ander nabygeleë aktiwiteite sluit perdry, teikenskiet, visvang en riviervlotvaart in..
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.8/5
Wynand Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 82
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- Farm Rebellie, Off R712, Clarens, 9707, Vrystaat
- Gaste dink Rebellie Gaste Plaas - Mooihoek het ’n baie goeie ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
Farm Rebellie, Off R712, Clarens, 9707, Vrystaat
Sien kaart- 8 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang