+31
Selfsorg in Overberg

Remkuil Gastehuise - Geloof en Hoop

  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Off Mission Road, Remkuil Farm, Caledon, 7230, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Remkuil Gastehuise - Geloof, Hoop en Liefde is op die oewer van die Swartrivier en bied selfsorgverblyf op 'n plaas in die Overberg net 20 km vanaf Botrivier en 31 km vanaf Greyton.

Hiér het gaste die keuse tussen die Geloof-eenheid met slaapplek vir 3, die Hoop-eenheid met slaapplek vir 5 en die Liefde-eenheid met slaapplek vir 6. Dit is dus ideaal vir 'n groep vriende en gesinne. Die huise maak gebruik van sonkrag en gasgeisers en beskik oor 1 of 2 slaapkamers met 'n kombuis. Die slaapkamers het dubbel- en enkelbeddens en elke huis het ’n aparte, privaat badkamer met ’n stort en toilet. Hoewel die badkamer 15 m ver is, word die paadjie saans belig.

Elke huis het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n vuurmaakplek binne toegerus is. Gaste kan hul maaltye om die etenstafel geniet.

Parkeerplek is op 'n aparte erf wat omhein is beskikbaar. Vriendelike troeteldiere is welkom indien vooraf gereël word en moet aan leibande bly wanneer hulle stap. Vuurmaakhout is op die perseel te koop, maar gaste mag nie enige oop vure sonder toesig laat nie. Daar is 'n SAPD-plaaswag binne stapafstand vanaf die huise beskikbaar.

Die plaas bied piekniekplekkies in die veld, asook stap- en fietsryroetes. Verder kan gaste die lammertjies, skape en beeste besigtig. Plantseisoen is tussen April en Mei, en oesseisoen is tussen Oktober en November en dan kan gaste versoek om 'n rit op die stroper of trekker te neem teen 'n addisionele koste.


Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Erica F
Saam met lewensmaat
5.0
We enjoyed the ambience and tranquility of the farm surroundings. Toinette made contact with me and gave precise directions to the cott...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Jun 2026
Johan B
Saam met lewensmaat
5.0
Swem, braai en stap op die plaas. Heerlik gebly! Toinette het ons vriendelik ontvang en vir ons vertel vam al die lekker dinge om te doen in Caledon. ...
Sien meer
Apr 2026
Gerda V
Saam met lewensmaat
5.0
Vredevol, rustig, na aan natuur en plaas. Gasvrou was vriendelik en het goed gekommunikeer. Alles soos op foto's. Verblyf sonder fieterjasies en naby ...
Sien meer
Apr 2026
Hillela V
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Ons verblyf by Remkuil was hand uitgesoek - die omgewing is rustig en die verblyf is outentiek.
Okt 2025
Annette N
Gesin met tieners
4.8
Thank you for a great stay. We thoroughly enjoyed our stay and especially enjoyed the braai room.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Toinette Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 22

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • Off Mission Road, Remkuil Farm, Caledon, 7230, Wes-Kaap
  • Gaste dink Remkuil Gastehuise - Geloof en Hoop het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R700
per nag (plek vir 3)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R700
per nag (plek vir 3)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R700
per nag (plek vir 3)
Bespreek

Off Mission Road, Remkuil Farm, Caledon, 7230, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 8 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA507237a54043a7242d0cd3005509ee01193de2fca25342bada84c7b2b2568699cadc1351e8e8cec087a54dced905c3ac8865?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 3) 22 5 1 5 Off Mission Road Remkuil Farm 7230 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.18495036349 19.377123679738
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem
Soek in 'n groter streek

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang