5 gaste
3 slaapkamers
3 beds
1 badkamer
- Slaapplek vir 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - 14 Galjoen Street, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
Rest on Galjoen is 'n selfsorg eenheid op die boonste verdieping van die eienaar se hoofwoning. Die onderste vlak word permanent bewoon, maar gaste het hul eie ingang en privaatheid. Dit is geleë in Strandfontein, 'n klein kusdorpie langs die Weskus met rotsagtige kranse en pragtige wit sandstrande.
Hierdie eenheid bied slaapplek vir tot 5 gaste en bestaan uit 3 slaapkamers, 1 badkamer, 'n kombuisie en 'n leefarea. Die eenheid is ideaal vir 'n maksimum van 4 volwassenes OF 'n gesin van 5 mense.
Die slaapkamers bestaan uit:
- Slaapkamer 1 (Hoofslaapkamer): gemeubileer met 'n Queen grootte bed
- Slaapkamer 2: bevat 1 dubbelbed,
- Slaapkamer 3: bevat 1 dubbelbed en 'n enkelbed is op versoek beskikbaar.
Elke slaapkamer lei na 'n balkon met 180°-uitsigte oor die see. Die badkamer is toegerus met 'n stort, bad, toilet en wasbak.
Die oopplan-kombuisie is toegerus met 'n yskas-vrieskas, tweeplaatstoof, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, sowel as tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n eetkamertafel met stoele, 'n platskerm-TV en 'n binnenshuise braai-area (gaste moet eie hout bring).
Gratis onbeperkte WiFi is ook beskikbaar. Gaste het toegang tot parkering op die perseel.
Die eenheid word een maal per week skoon gemaak. Addisionele skoonmaakdienste is op versoek teen 'n ekstra fooi beskikbaar.
Ongelukkig word GEEN partytjies, byeenkomste en harde musiek toegelaat nie. Dagbesoekers moet vooraf met eienaar gereël word.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Yvonne Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 40
Op LekkeSlaap 2 jaar
Ligging
- 14 Galjoen Street, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap
- Gaste dink Rest on Galjoen het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
14 Galjoen Street, Strandfontein, 8151, Wes-Kaap
Sien kaart- Slaapplek vir 5 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang