Rhodes Cottages - Sam’s Cottage
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sauer-straat, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 320 per nag, vir 4 mense
Beskrywing
Rhodes Cottages - Sam's Cottage is 'n selfsorghuis in die bekoorlike dorpie Rhodes in die Suidelike Drakensberge. Dit is ideaal vir 'n gesin wat op soek is na basiese verblyf weg van die gedruis van die stad af.
Die huis is volledig gemeubileer en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer in die hoofhuis. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die kombuis is goed toegerus met al die nodige toebehore om maaltye voor te berei insluitend 'n yskas, mikrogolfoond, gasstoof en koolstoof vir die winter.
Daar is gemaklike rottangmeubels in die leefarea en 'n stoepie met meubels waar gaste kan ontspan. Parkeerplek is buite die eiendom op 'n grasrand beskikbaar. Sam's Cottage is net 'n entjie se stap van die bekende Bellrivier af waar gaste kan tjoepry, of vissermanne kunsvlieghengel kan beoefen.
Die dorpie kry sneeu in die winter.
Kamer-opset
Kenmerke
Geriewe
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite Naby
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.4/5
Jill Geverifieer
Eiendomme 16
Resensies 72
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Sauer-straat, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
- Gaste dink Rhodes Cottages - Sam’s Cottage het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Sauer-straat, Rhodes, 9787, Oos-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom