+39
Selfsorg in Prince Alfred Hamlet

Rooikraal Gastehuis

10 gaste

3 slaapkamers

6 beddens

4 badkamers

  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Sarel Cilliers Street, Rooikraal Plaas, Prince Alfred Hamlet, 6840, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Rooikraal Gastehuis is op Rooikraal Plaas in Prince Alfred Hamlet, 10 km vanaf Ceres en 2 km vanaf die dorpie Prince Alfred's Hamlet geleë. Dit is sentraal geleë en ideaal vir Tanqua Trek- en Cape Epic-fietsryers wat die huis hulle basis wil maak. Dit is ook naby verskeie trou-venues soos Elim en Kaleo.

Die huis beskik oor 3 slaapkamers en het slaapplek vir 10 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n koninggrootte-bed. Daar is ook 'n dubbelslaapbank in die leefarea.

Die kombuis is ten volle vir selfsorg toegerus en sluit 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, ketel, Nescafe-koffiemasjien, eetgerei, breekware en 'n skottelgoedwasser in. Let asb. op dat gaste hulle eie koffiekapsules moet saambring.

Daar is 'n knus kaggel in die leefarea en 'n krat braaihout word voorsien.

Die pragtige stoep met 'n tafel en stoele is ideaal vir gaste wat die uitsig oor die boorde en op die berg wil geniet terwyl hulle aan iets peusel en 'n glasie wyn geniet.

Die huis is tussen peerboorde en veekampe op 'n plaas met 'n pragtige uitsig op die Scrub- en Sailor-berge geleë. Daar is 'n groot 16 ha-dam net 500 m ver en dit bied die perfekte geleentheid vir waterski, visvang, kanovaart en buitedoendinge. Die huis is heeltemal omhein en dus veilige vir die hele gesin.


Kamer-opset

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

4

1 x Dubbelbed

1 x Koninggrootte-bed

Stort, Toilet

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Verwarmer
Volledige kombuis
DStv
Kaggel
Braai
Vuurmaakhout

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 5 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Karen V
Saam met vriende
5.0
Gerieflik, netjies, mooi omgewing, pragtige huis. Dit was ongelooflik lekker met alles wat jy nodig het. Ons gaan beslis weer daar kuier.
Apr 2026
Jescica K
Saam met vriende
5.0
Die kuier by Rooikraal was baie lekker. Ons het alles geniet binne die huis. Eerstens wil ek en my groep vir Corli baie dankie sê vir haar gasvryheid....
Sien meer
Apr 2026
Lorraine S
Gesin met klein kinders
5.0
Great stay and house has everything you need! See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Okt 2025
Caitlin B
Saam met vriende
5.0
Cosy farmhouse with incredible views. Cosy farmhouse with incredible views! Beds were extremely comfortable, equipped with everything y...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2025
Joyce S
4.0
Very nice. Beddegoed van hoogstaande gehalte, kombuis goed toegerus. Was baie koud en huis is koud, maar die kaggel in die TV-kamer was regtig die wen...
Sien meer
Jul 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Corli / Peet Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 9

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Sarel Cilliers Street, Rooikraal Plaas, Prince Alfred Hamlet, 6840, Wes-Kaap
  • Gaste dink Rooikraal Gastehuis het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 250
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 250
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 3 250
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Sarel Cilliers Street, Rooikraal Plaas, Prince Alfred Hamlet, 6840, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 11:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA5fa3597e5c5fee3b6c24647f4015f8908efeb7ea9cb31085ec849f7055a80d70a0f8b85acf57bb3ba4017971394663b3deb7?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 250 per nag (plek vir 10) 5 5 1 5 Sarel Cilliers Street Rooikraal Plaas 6840 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 11:00 -33.29074560337 19.343715615158

Welkom by LekkeSlaap

Gasteprofiel bestaan ​​reeds

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Dit lyk asof jy reeds 'n profiel as ’n gas het. Teken asseblief in om jou identiteit te verifieer voordat ons jou gasheerprofiel opstel.

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang