SANParks Elandsberg Wilderness Camp
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 32 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R355, Tankwa-Karoo Nasionale Park, 8190, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 868 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
SANParks Elandsberg Wilderness Camp is in die manjifieke Tankwa-Karoo Nasionale Park wat weerskante van die Noord- en Wes-Kaap-grense uitstrek. Die park word deur die Roggeveld-platorand aan die oosstekant, die Sederberge aan die westekant en die Klein Roggeveld na die suide geraam.
Die afgeleë, romantiese Elandsberg-kothuise is 18 km vanaf die park se ontvangs by Roodewerf, in die Elandsberg-heuwels. Elke kothuis het 'n en suite-badkamer, 'n kombuis met 'n tweeplaatgasstoof, sonkragyskas, eetgerei, breekware, kookgerei, parafienlampe en kerse, en die leefarea het 'n slaapbank en 'n kaggel. Daar is 'n onderdakstoep met 'n plonspoel, sonstoele, buitemeubels en ingeboude braaigeriewe.
Die ongekunstelde ontwerp gee gaste 'n ware natuurervaring met 'n sonsondergang oor die Roggeveld-platorand. Elke kothuis spog met uitsigte oor die pragtige Karoo-vlaktes en Roggeveld-platorand. Die kothuise is ver van mekaar af en bied die nodige privaatheid, tog is hulle naby genoeg dat gaste verskillende kothuise saam kan bespreek.
Deur plaaslike, ongebakte klei-en-strooi-bakstene vir sekere dele van die mure te gebruik, word 'n vervloë era opgeroep. Voorbeelde van dié boumetode kan in verskeie ruïnes in die park gevind word.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.3/5
Thandeka Geverifieer
Eiendomme 100+
Resensies 1242
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Langs die R355, Tankwa-Karoo Nasionale Park, 8190, Noord-Kaap
- Gaste dink SANParks Elandsberg Wilderness Camp het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Tankwa-Karoo Nasionale Park Noord-Kaap
- Kapasiteit: 32 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R355, Tankwa-Karoo Nasionale Park, 8190, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom