Pick your preferred language

English

Afrikaans

+19

6 gaste

3 slaapkamers

4 beds

2 badkamers

  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • 10 Finnis Road, Margate, 4275, KwaZulu-Natal Sien kaart

Beskrywing

Santorini 207A is in 'n sekuriteitskompleks in die hartjie van Margate geleë. Die woonstel is stapafstand van Margate se hoofswemstrand, Margate-pier, restaurante, vermaakgeriewe en winkels af. Gaste kan lieflike see-uitsigte vanaf die hoofslaapkamer se balkon en leef-areas geniet.

Dié ruim woonstel het 3 slaapkamers, 2 badkamers, 'n oopplan-kombuis, leefarea, eetarea en 2 balkonne, waarvan 1 teen die wind beskut is.

Elke leefarea en slaapkamer het lugversorging. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer, met 'n groot stort en bad, asook toegang tot die balkon. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n gestoffeerde kopstuk. Die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en toegang tot die kant- en voorstoep.

Die leefarea het luukse meubels en 'n DStv-koppelpunt. Bring asb. jou eie Explora-dekodeerder en slimkaart saam. Daar is 'n etenstafel met 6 stoele en 2 dekstoele op die voorstoep, asook lieflike uitsigte oor die Indiese Oseaan. Die kantstoep is teen die wind beskut, het ook 'n etenstafel met 6 stoele en is 'n heerlike kuierplekkie.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 'n oond, gasstoof, dubbeldeur-yskas, mikrogolf, skottelgoedwasser en tuimeldroër. Die tweede badkamer met stort en bad toegerus, is langs die ingang geleë en het ook 'n wasmasjien.

Die kompleks bied 'n swembad, gemeenskaplike ingeboude braaigeriewe en 'n speletjieskamer vir kinders. Daar is twee hysbakke beskikbaar en die eenheid is rolstoelvriendelik. Die eenheid het 'n tandem-dubbelmotorhuis en 1 oop onderdakparkeerplek. Daar is 24 uur-sekuriteitswagte aan diens, asook 2 hekke met toegangbeheer.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Swembad
Mooi uitsig
TV
Lugversorging
Volledige kombuis
Wasmasjien
Braai

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 51 resensies

Uitstekend

Netheid
4.6
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.5
Veiligheid
4.7

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Monuko Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 51

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • 10 Finnis Road, Margate, 4275, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Santorini 207A het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 1 840
per nag (plek vir 6)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 1 840
per nag (plek vir 6)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 1 840
per nag (plek vir 6)
Bespreek

10 Finnis Road, Margate, 4275, KwaZulu-Natal

Sien kaart
  • 6 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGVjYjdmNmI0LWZlNmQtNGY0ZC04NzYzLTM4MDVmMmVlYmQwOQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 840 per nag (plek vir 6) 51 5 1 5 10 Finnis Road Margate 4275 KwaZulu-Natal 021 201 8901 15:00-23:00 10:00 -30.86416717368 30.371195822954

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang