4 gaste
2 slaapkamers
3 beds
2 badkamers
- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - 1025 William Avenue, Pringle Bay, 7196, Wes-Kaap Sien kaart
Beskrywing
SeaBreak Cottage is 'n bekoorlike kothuisie in Pringlebaai met 'n ongekunstelde strandtema. Dit is net 5 minute se stap vanaf die pragtige witsandstrand, en bied 'n ongelooflike uitsig op die berg. Die kothuis het sy eie ingang en beslaan die onderste verdieping van die eienaar se huis.
Dié heerlike selfsorgtuinkothuis het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers, 'n oopplan-kombuis en 'n sit- en eetarea in pastelkleure om 'n strandtema weer te gee. Die kombuis is toegerus met 'n mikrogolfoond, yskas-vrieskas, oondjie met stoof, broodrooster en 'n ketel. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad. Die tweede kamer het 2 enkelbeddens en toegang tot 'n aparte badkamer met 'n stort. Parkeerplek is in die oprit beskikbaar.
Buite is daar 'n onderdakstoep wat lekker teen die wind beskut is. Dit het 'n draagbare braai, stoepmeubels en sitplek. Verder het die kothuis ook speletjies, boeke, linne en 'n TV met 'n DVD-speler. Gaste kan hul eie DVD's saambring of gratis toegang tot DStv-kompak gebruik. Gaste moet asb. hul eie bad- en strandhanddoeke saambring.
SeaBreak Cottage is ideaal vir 'n rustige vakansie of naweekwegbreek vir klein gesinne, volwassenes, sake- of enkelreisigers. Pringlebaai is net meer as 'n uur vanaf Kaapstad. Besoekers kan op die strand gaan piekniek hou, die rotsagtige beskutte baaitjies gaan verken, op die strand gaan stap of swem. Gaan snuffel in Pringlebaai se sonderlinge kunsvlytwinkeltjies, eet by een van die dorpie se restaurante of kroeë of geniet die vrolike musiek by die plaaslike pizzeria.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Barbara Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 18
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- 1025 William Avenue, Pringle Bay, 7196, Wes-Kaap
- Gaste dink SeaBreak Cottage het ’n uitstekende ligging
Jy sal nog nie hoef te betaal nie.
1025 William Avenue, Pringle Bay, 7196, Wes-Kaap
Sien kaart- 4 gaste
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 11:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang