+23

10 gaste

5 slaapkamers

9 beds

5 badkamers

  • 10 gaste
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Whaleshaven 13, Keurboomsbeach, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Seascape is 'n selfsorg-villa in Keurboomsstrand in Plettenbergbaai. Jy hoef net deur die bos en oor die duin en jy is op die strand! Wees net versigtig as jy daar wil swem, aangesien daar sterk strome is. Maar die ongerepte natuurskoon maak dit beslis die moeite werd.

Die villa het slaapplek vir 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers met en suite-badkamers, 'n kombuis met 'n aparte galery, en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en dubbelwasbak. Die kamer het ook 'n sitarea en lei na 'n balkon. Die tweede en derde slaapkamer het elk 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die vierde en vyfde slaapkamer het elk 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n bad en stort.

Die kombuis is toegerus met 'n skottelgoedwasser, gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas met 'n dubbeldeur, mikrogolf, ysmasjien, breekware en eetgerei. Verder is daar 'n ontbyttoonbank met stoele en 'n eetarea met sitplek vir 12. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel, 'n gaskaggel en 'n platskerm-TV met DStv-kanale. 'n Kroegarea met 3 kroegstoele en 'n wynyskas is beskikbaar.

Die leefarea lei na 'n swembaddek met 'n 16 m lange swembad, braaigeriewe, 'n pizza-oond, etenstafel vir 8, 'n tafel met bankies vir 8, en 6 sonstoele. Daar is ook 'n dek op die dak met 'n ingeboude Gazebo en sitplek vir 8.

Let asb. dat weens skielike afdraende en 'n oop swembad is hierdie perseel nie geskik vir klein kinders nie.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 2 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Linda Geverifieer

Eiendomme 24

Resensies 15

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Whaleshaven 13, Keurboomsbeach, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap
  • Gaste dink Seascape het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 7 050
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 7 050
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 7 050
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Whaleshaven 13, Keurboomsbeach, Plettenberg Bay, 6600, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Geen kinders onder 13
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAexGUblwSJZWv5Uf1D2M7lwcq4V2aMa9teKW2lltwghAk1kkQWu?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 050 per nag (plek vir 10) 2 5 1 5 Whaleshaven 13 Keurboomsbeach 6600 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.005860092025 23.443465552955

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang